Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aftrede
Bates nié uitgesluit van huwelik met bemaking
Hoe “uitgesluit” van die regsgevolge van ’n huwelik is bates wat jy aan ’n kind laat vererf? Foto: Pixabay

Dit het nou al ’n standaardklousule in testamente geraak – die uitsluiting van erfbates van die regsgevolge van ’n huwelik. En ek wonder hieroor.

Hoe “uitgesluit” van die regsgevolge van ’n huwelik is bates wat jy aan ’n kind laat vererf? Ek meen dis ’n mite en het geen of min regskrag. Ja, ek weet my standpunt gaan seker ’n regskabaal veroorsaak, maar kom ons kyk.

Die maritale mag van die man bestaan in die eerste plek nie. Dis geskrap met die inwerkingtreding van die Huweliksgoederewet (Wet 88 van 1984). Art. 11(1) het dit pertinent afgeskaf en art. 11(2) maak dit ook terugwerkend.

As die man se maritale mag nie meer bestaan nie, is dit sinloos om verder daaroor te argumenteer. Dan moet ons kyk na die huweliksvorm self. Dit kan ’n regsgevolg inhou. Die aanwasbedeling sluit spesifiek erfbates uit vir doeleindes van die aanwas. Maar die wet verwys baie spesifiek na bates wat gedurende die huwelik só verkry word. Die wet is stil oor bates wat vererf het vóór huweliksluiting.

’n Mens sou dalk ’n regsargument kon probeer voer oor huwelike binne gemeenskap van goed waar die bate verkry is ná huweliksluiting. Maar wat as dit verkry is voor die huwelik?

Ek meen dié klousule in die testament is leë woorde met geen krag nie. Ek kan nie sien hoe jy in jou testament aan die reg kan verander of voorskryf of dit ignoreer nie. Jy mag wel bemaak aan wie jy wil. En jy mag die bemaking ondergeskik maak aan ’n voorwaarde, solank as wat dit nie teen die goeie orde is, onwettig, of onmoontlik is nie.

’n Mens sou dalk ’n regsargument kon probeer voer oor huwelike binne gemeenskap van goed waar die bate verkry is ná huweliksluiting. Maar wat as dit verkry is voor die huwelik?

Ek meen die klousule is wel ’n voorwaarde – die bemaking sal uitgesluit wees van die regsgevolge van ’n huwelik – waaronder die erfgenaam die bemaking moet aanvaar. Erfgename hoef nie te erf as hulle nie wil nie. Deur ’n voorwaarde te stel, moet die erfgenaam die voorwaarde in die testament aanvaar as sy wil erf.

Dit bring my by my volgende punt. Ek sien hierdie bemakingsklousule as ’n nudum praeceptum, of naakte bepaling. Dit het geen uitwerking nie.

Ek sê dit omdat jy tog nie ’n voorwaarde in jou testament kan stel as jy geen sanksie daarmee saam stel nie. Wat moet gebeur as die erfgenaam nie aan die voorwaarde voldoen nie? Daarom sê ek die bepaling is nietig en daarom erf die erfgenaam die bate sonder enige voorwaarde.

Wat my by die huwelik bring. As sy in ’n huwelik ingaan, kom ons sê, binne gemeenskap van goed, is daardie bate deel van haar bates en vorm dit deel van die gemeenskaplike boedel ná die huwelik. Die bate is hare, dit is onbeswaard en sy gaan met oop oë in die bepaalde huweliksvorm in.

Sy kan die bate weggee, as sy wil, hoekom dit dan nie in haar gemeenskaplike boedel inbring as deel van die gemeenskaplike boedel nie? Dieselfde argument geld as jy trou met die aanwas.

Onthou, die wet sluit net erfbates uit wat verkry word gedurende die huwelik, nie vóór dit nie. My raad is dat as jy bates geërf het, neem kennis van jou pa se wense en sluit dit uit vir die aanwas. Jy kan ook binne gemeenskap van goed trou en die erfbate (en ander voorhuwelikse bates) in ’n huwelikskontrak uitsluit. Dis nou as jy wil.

  • Nico van Gijsen, ’n gesertifiseerde finansiële beplanner en belastingprak­tisyn, is besturende direkteur van Finlac en ’n lid van Fisa. Lesers kan navrae aan hom stuur deur te skryf aan Raad met jou Rande, Posbus 8422, Johannesburg 2000 of nico@finlac.com; Twitter: @Nicovangijsen.
Meer oor:  Nico Van Gijsen  |  Bates  |  Huwelik  |  Beleggings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2381,58 (472)
  • Top 40 48158,37 (4141)
  • All Share 53874,52 (3359)
  • Resource 10 42374,38 (-13158)
  • Financial and Industrial 30 72821,17 (16551)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.