Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aftrede
Belê pensioengeld hier in ons eie land, vra raad

Die toegelate 30% wat Suid-Afrikaanse pensioenfondse in die buiteland mag belê, moet dalk verlaag word, want die hoeveelheid geld wat só landuit vloei, is moeilik versoenbaar met die doelwitte van Suid-Afrika as ’n ontwikkelingstaat.

Sandile Zungu, voorsitter van die Black Business Council.

Só sê die Black Business Council (BBC), wat ten doel het dat swart sakeondernemings en swart sakelui die kern vorm van ekonomiese aktiwiteit in die land.

Die BBC bestaan uit meer as 55 organisasies wat swart beroepslui, sakeverenigings en -kamers verteenwoordig, en wat saam meer as 2,3 miljoen lede het.

“Ons moet kyk na buitelandse beleggings. Suid-Afrika is een van min ontwikkelingstate waar soveel geld uitvloei, terwyl dit hier nodig is vir ontwikkeling. Wie het die geld meer nodig?

“Selfs in ons gesprekke met groot batebestuurders erken hulle daar is ’n anomalie tussen die land se ontwikkelingsagenda en die hoeveelheid geld wat oorsee geneem kan word,” het Bonolo Ramokhele, tesourier-generaal van die BBC, Donderdag op ’n mediakonferensie in Bryanston, Johannesburg, gesê ná die BBC se tweejaarlikse beraad.

Kragtens wetgewing kan pensioenfondse tot 30% van bates in die buiteland belê en nog 10% in die res van Afrika. Dié perke is verlede jaar met onderskeidelik 25% en 5% verhoog.

Volgens Ramokhele is die vloei van geld iets wat eintlik meer aandag as die grondkwessie moet kry. Die BBC wil onder meer sien dat meer van die fondse onder bestuur van die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) deur swart fondsbestuurders bestuur word.

Die OBK bestuur sowat R1 800 miljard van staatsamptenare se pensioengeld in die GEPF, en van enkele ander staatsentiteite.

Dis werkers wat tot pensioenfondse bydra, maar ons is op die kantlyn wanneer dit kom by hoe die geld belê word.
Bonolo Ramokhele van die Black Business Council

Die GEPF word deur sy eie wet gereguleer, maar het ook beperkinge op buitelandse belegging. Abel Sithole, hoofamptenaar van die GEPF, het verlede jaar op ’n konferensie gesê die limiete moet dalk verhoog word om beter opbrengste te verseker.

Ramokhele het Donderdag gesê die hele spektrum van pensioenfondse behoort meer geld by swart batebestuurders te plaas.

Volgens die BBC is 95% van bates in pensioenfondse onder bestuur van wit batebestuurders. “Dis werkers wat tot pensioenfondse bydra, maar ons is op die kantlyn wanneer dit kom by hoe die geld belê word. Die besluite word geneem deur mense wat in Sandton sit en nie eens weet daar is plekke soos Mdantsane wat finansiering moet kry as deel van die ontwikkelingsagenda nie.”

Volgens Sandile Zungu, BBC-president, wil die BBC betrokke wees by die monitering en evaluering van die prestasie van ontwikkelingsfinansierders – spesifiek die Nywerheidsontwikkelingskorporasie (NOK), die OBK, die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika en die National Empowerment Fund (NEF) – gemeet teen hul teikens om swart ondernemings te ondersteun.

Ná die verkiesing wil die BBC ’n veel kleiner kabinet met minder ministers sien. Voorts moet sleutelinfrastruktuurprojekte op dreef kom, want deur verkryging van die projekte word klein en middelslagondernemings bemagtig en deel gemaak van die hoofstroom-ekonomie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2166,42 (6537)
  • Top 40 50873,9 (-92763)
  • All Share 56895,23 (-95867)
  • Resource 10 44008,16 (-31170)
  • Financial and Industrial 30 77574,91 (-167298)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.