Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aftrede
Bespaar belasting deur meer vir aftrede te spaar

Dis altyd ’n goeie idee om beter voorsiening te maak vir aftrede, en die huidige tyd is altyd die beste tyd om soveel by te dra as wat jy kan bekostig, sê Saleem Sonday, hoof van groepspaarplanne by Allan Gray.

As jy in diens is van ’n maatskappy, betaal jy waarskynlik maandeliks ’n deel van jou salaris aan ’n groepaftreefonds, soos ’n sambreelfonds. Baie werknemers weet nie dat hulle in só ’n geval vir spesiale belastingverligting kwalifiseer nie.

Een van die beste maniere om jou belastinglas te verminder, is om meer geld in aftreeprodukte te spaar. Foto: iStock

Sonday sê dié belastingverligting beteken meer geld in jou aftreefonds en minder aan die belastinggaarder. Hy maan egter dat werknemers voor einde vandeesmaand, wanneer die huidige belastingjaar eindig, van dié voordeel gebruik moet maak.

Sonday verduidelik die regering het belastingaansporings ingestel om mense aan te moedig om meer vir hul aftrede te spaar deur te verseker hul netto salaris verminder nie regstreeks in ooreenstemming met die bedrag van bykomende bydraes wat hulle in hul aftreefonds belê nie.

“As jy lid is van ’n sambreelfonds, word bydraes van jou salaris afgetrek voordat jy belas word. As jy dus ’n hoër bedrag in jou aftreefonds stort, word jy op ’n laer bedrag belas.”

As ’n lid van ’n sambreelfonds is jy elke jaar daarop geregtig om ’n voorbelaste bydrae tot dié fonds te maak van tot 27,5% van die hoogste een van jou belasbare inkomste of vergoeding, tot ’n perk van R350 000 per jaar.

Voorbeeld:

As jy R25 000 per maand verdien en 15% (R3 750) tot ’n sambreelfonds bydra, sal jy met R18 127 in jou sak huis toe gaan nadat belasting van R3 123 afgetrek is.

As jy egter van die 27,5%-toegewing gebruik maak, sou dit ’n bydrae van R6 875 per maand wees en ’n salaris van R15 814 in jou sak ná R2 310 se belastingaftrekking.

Deur meer by te dra en met ’n laer salaris huis toe te gaan, sal jou jaarlikse belastingaanslag sowat R9 700 minder wees en jou aftreespaargeld sal met ’n stewige bykomende R37 500 vir die jaar styg.

Indien jou totale bydrae tot jou werkgewer se sambreelfonds vir die jaar nie 27,5% van jou vergoeding beloop nie, kan jy die beste uit die belastingvoordeel kry deur ’n bykomende vrywillige bydrae tot die sambreelfonds te maak voor einde Februarie sou die fonds se reëls daarvoor voorsiening maak.

Sonday sê as jou sambreelfonds se reëls nie vir so ’n bykomende eenmalige bydrae voorsiening maak nie, kan jy ’n uittreeannuïteit oorweeg.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.