Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aftrede
Bloedneus vir Capitec in saak oor Transnet-pensioen

Capitec het opdrag van die hooggeregshof in Gauteng gekry om sy toestemming te gee vir ’n skikking tussen ’n Transnet-pensioenfonds en die Gupta-verwante maatskappy Regiments Capital.

Meer as R600 miljoen kan nou terugvloei na die Transnet Tweede Vastevoordeelfonds (TTVVF) wat weens staatskaping verlore geraak het. Foto: Reuters

Dit maak die pad oop vir meer as R600 miljoen wat kan terugvloei na die Transnet Tweede Vastevoordeelfonds (TTVVF) wat weens staatskaping verlore geraak het.

Die saak spruit uit ’n ingewikkelde reeks transaksies en ooreenkomste waarin Capitec nie wou toestemming gee dat Capitec-aandele wat Coral Lagoon, ’n verwante maatskappy van Regiments, besit het, verkoop kon word sodat Regiments ’n skikkingsbedrag aan die TTVVF kon terugbetaal nie.

Volgens die pensioenfonds was Capitec se toestemming die enigste oorblywende stap wat nodig was om sy skikking met Regiments af te handel.

Die aandele wat Coral Lagoon besit, verteenwoordig net sowat 0,7% van Capitec se bemagtigingsgradering, het regter Bashier Vally in sy uitspraak gesê. Capitec het aanvanklik geweldig stof opgeskop oor die verkoop van die aandele, want hy het aangevoer dit sal sy bemagtigingstatus verwater.

Vally het beslis Capitec moet die regskoste van die TTVVF betaal. Hy het beveel Capitec moet nou toestemming gee vir die verkoop van 810 230 Capitec-aandele aan die TTVVF binne twee werkdae vanaf die hofbeslissing.

Hy het verklaar dat Capitec se weiering om toestemming te gee vir die verkoop van die betrokke aandele, sowel kontrakbreuk as ’n oortreding van goeie trou teenoor Coral Lagoon is.

Dit blyk Capitec het later aangebied om wel die verkoop van 415 000 aandele goed te keur, maar Vally het beslis met die string streng voorwaardes wat Capitec daaraan geheg het, kan dit nie kwalifiseer as in goeder trou teenoor die TTVVF of Coral Lagoon nie.

Vally sê in sy uitspraak deur te weier om die verkoop van die aandele toe te laat, beteken dit Capitec is heel gewillig om Regiments as aandeelhouer te behou, al erken hy dat Regiments meer as R1 miljard van die arm pensioenarisse van die TTVVF gesteel het. “Die logiese gevolgtrekking uit sy standpunt is die verlies van 0,7% van sy bemagtigingstatus is so belangrik dat hy eerder sy bande met ’n aandeelhouer wil behou wat deur oneerlikheid aangetas is as om die bemagtigingsgradering te verminder.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.