Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aftrede
‘Bly kalm’ oor voorgeskrewe bates, sê Asisa

Die bedryf wat Suid-Afrikaners se aftreespaargeld belê, sê mense moenie op hol gaan oor die vraagstuk van voorgeskrewe bates nie.

business, savings, annuity insurance, age and peop
Die Vereniging vir Spaar en Beleggings glo nie daar is ’n dreigende gevaar dat die staat gaan voorskryf waarin pensioenfondse kan belê nie. Foto: iStock

Leon Campher, uitvoerende hoof van die Vereniging vir Spaar en Beleggings (Asisa), sê hulle “voel nie dat enige verdere dialoog oor voorgeskrewe bates op die oomblik vereis word of selfs toepaslik is nie”.

“Hoewel Asisa dit herhaaldelik duidelik gemaak het dat sy lede gekant is teen voorgeskrewe bates, glo ons nie daar is ’n dreigende gevaar dat dit gaan gebeur nie.”

Asisa is die bedryfsliggaam wat batebestuurders en versekeraars verteenwoordig. Dit sluit in groot pensioenfondsbestuurders soos Alexander Forbes, Liberty, Sanlam, Old Mutual, Momentum en ander.

Campher het ná herhaalde versoeke van Netwerk24 gereageer op die klagte van die Instituut vir Rasseverhoudinge (IRR) dat Asisa en sy lede onbewus of onbesorgd blyk te wees oor die standpunt van die ANC-verkiesingsmanifes dat pensioenfondse gedwing moet word om sekere infrastruktuurprojekte te finansier.

LEES OOK: IRR: Is jy seker jou pensioen word teen die staat beskerm?

Die IRR het Woensdag ’n versoekskrif aan Asisa oorhandig, en beweer dat Asisa nie met die IRR wil vergader oor die kwessie nie.

Campher sê hy het wel die IRR in ’n brief beantwoord.

Die IRR het ook ’n beroep op pensioenfondslede gedoen om druk op hul fonds te plaas om hul bates te beskerm.

Die IRR beskou voorgeskrewe bates as ’n “werklike bedreiging” vir Suid-Afrika se aftreespaargeld wat nagenoeg R4 000 miljard beloop. Bykans die helfte daarvan is die spaargeld van staatsamptenare.

Die IRR wys daarop dat Ebrahim Patel, minister van handel en nywerheid, in Junie – dus ná die verkiesing – opnuut hierna verwys het. Dit beteken volgens die IRR die idee het beslis nie ’n stille dood gesterf nie.

Hieroor sê Campher: “Net terloops, ons stem nie met die IRR saam dat minister Patel se opmerkings ’n hernude oproep vir voorskrywing was nie. Dis ’n feit dat aftreefondse deur beleggings ’n belangrike rol het om te speel in die ontwikkeling van enige land. Wêreldwyd belê pensioenfondse in reële bates. Die probleem in Suid-Afrika is die gebrek aan belêbare projekte.”

Alexander Forbes raam dat ’n lid van ’n vastebydrae-pensioenfonds se pensioen tot 14% minder van sy salaris voor aftrede kan wees as die fonds gedwing word om in voorgeskrewe bates soos effekte van munisipaliteite en staatsbeheerde ondernemings te belê, het Rapport onlangs berig.

Om vir dié verlore inkomste te vergoed, sal ’n werknemer jaarliks ’n bykomende 3,5% van sy salaris tot die fonds moet bydra, reken hulle.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.