SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Aftrede
Carrim steun Solidariteit se Paia-aansoek
Yunus Carrim.

Die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) en die staatspensioenfonds moet die inligting wat die vakbond Solidariteit van hulle versoek, aan hulle gee omdat hulle daarop geregtig is.

Só het Yunus Carrim, voorsitter van die parlement se staande komitee oor finansies, Dinsdagmiddag reageer oor Solidariteit se frustrasie dat die OBK en die fonds die vakbond se aansoek ignoreer om inligting oor die OBK se beleggingsproses via die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting (Paia) te bekom.

Carrim sê as Solidariteit die OBK hof toe sleep daaroor, beteken dit maar net dat die OBK dan pensioenarisse se geld gaan mors om die saak in die hof te probeer beveg.

Die staande komitee oor finansies steun die vakbonde se versoek dat daar verteenwoordiging van werkers op die direksie van die OBK behoort te wees.

Carrim het ook gesê die privatelede-wetsontwerp waaraan die DA-woordvoerder oor finansies, David Maynier, werk, kan as ’n konsep dien vir die komitee se eie wetsontwerp om seker te maak daar is meer deursigtigheid en werkerverteenwoordiging by die OBK.

Carrim meen die gaping tussen die verskillende politieke partye oor dié kwessies is nie so groot nie.

Hy het aan die DA gesê die party moet die privatelede-wetsontwerp bring sodat die komitee saam daaraan kan werk en voor die einde van vanjaar se parlementstermyn teen 29 November dit as ’n komitee-wetsontwerp ter tafel kan lê.

Maynier se privatelede-wetsontwerp maak voorsiening vir ’n ander meganisme om die voorsitter van die OBK aan te stel, ’n groter rol vir die parlement om toesig te hou en breër verteenwoordiging van begunstigdes op die OBK se direksie.

Die wetsontwerp sluit ook in dat die OBK jaarliks sy genoteerde en ongenoteerde beleggings bekend moet maak.

Schalk de Bruin, hoof van spesiale projekte by Solidariteit, het verlede week gesê die OBK en staatspensioenfonds het nie binne die voorgeskrewe 30 dae op die vakbond se Paia-aansoek gereageer nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.