Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aftrede
Covid-19: ’n Voorsmakie van jou aftreekrisis?

Covid-19 was ’n bittere voorsmakie van wat vir baie Suid-Afrikaners voorlê indien hulle nie erns maak van hul aftreebeplanning nie.

Suid-Afrikaners se gebrekkige aftreebeplanning moet juis nou, te midde van die Covid-19-krisis, ook onder die vergrootglas geplaas word.

Die inperkingsmaatreëls vir die pandemie het baie mense skielik sonder ’n inkomste gelaat of hul inkomste drasties verminder – en hulle het te min of geen spaargeld gehad om op terug te val.

Chris Eddy, beleggingshoof van die batebestuursfirma 10X Investments, sê Covid-19 was soos ’n vergrootglas bo mense se finansiële kwesbaarheid. Dit maak dit nou selfs dringender dat mense besef ’n aftreekrisis is op hande tensy hulle werk maak daarvan.

10X reik op 24 Oktober sy derde jaarlikse Retirement Reality Report uit. Die verslag gaan volgens Eddy opnuut bevestig dat net 6% van die land se hele bevolking op koers is om “gemaklik” af te tree – dus sonder dat hulle hul leefstyl drasties moet besnoei.

Die 6%-syfer het aanvanklik gekom uit ’n 2013-verslag van die tesourie, maar 10X se 2018-, 2019- en nou die 2020-aftreeverslag beaam dit.

Die belangrikste rede waarom Suid-Afrikaners in hul goue jare finansieel gaan swaarkry, is omdat hulle geen plan het oor hoe hulle dit gaan finansier nie.

’n Groot persentasie mense kan eenvoudig nie bekostig om te spaar nie omdat hulle sou moes honger ly.

Maar, sê Eddy, dis ook duidelik dat mense eenvoudig nie genoeg vir hul aftrede spaar nie, hetsy omdat hulle finansieel onkundig is, onrealistiese verwagtinge het oor die toekoms of nie gedissiplineerd is nie. ’n Skreiende 60% van mense onttrek hul aftreegeld wanneer hulle van werk verander, volgens 10X se data – en baie van die geld word vir hul leefstyl gebruik ten koste van die leefstyl wat hulle met aftrede sal kan handhaaf.

Onder die mense wat wel aftreeplanne het, monitor “gevaarlik min” van hulle hul vordering, het 10X bevind. Die meeste weet nie op enige gegewe tydstip of hulle wel op koers is om gemaklik te kan aftree nie.

Daar is ook ’n baie hoë persentasie mense – veral jong mense – wat aftreebeplanning glad nie as ’n prioriteit beskou nie.

Eddy hoop die pandemie het dit by mense tuisgebring dat hulle kwesbaar is vir onverwagse gebeure.

Hy beskou dit as uiters dringend dat mense eerder nou hul leefstyl vereenvoudig en meer vir hul aftrede spaar as wat hulle hoop op ’n wonderwerk nadat hulle afgetree het.

Baie mense het die onrealistiese verwagting dat hulle bloot sal kan aanhou werk ná aftreeouderdom, maar Eddy sê dit is uit voeling met die werklikhede van Suid-Afrika se jong arbeidsmark – min maatskappye hou mense deesdae tot aftreeouderdom in diens, wat nog te sê nadat hulle aftreeouderdom bereik het.

  • Netwerk24 sal op 24 Oktober oor die verslag self berig.
Meer oor:  Aftrede  |  Aftreebeplanning
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.