Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aftrede
Duisende Transnet-bejaardes sterf terwyl eis sloer

Terwyl die regspanne van Transnet en pensioentrekkers nog onderhandel oor ’n moontlike skikking in die pensioentrekkers se groepseis weens hul karige pensioen, het sowat 20 000 pensioentrekkers en hul eggenote al sedert 2013 gesterf.

In Maart 2013 was daar sowat 75 000 pensioentrekkers en afhanklikes van die Transnet Vervoerpensioenfonds en die Transnet Tweedevastevoordeelfonds. Daar is nou nog net 55 000 van hulle oor. Foto: Transnet

Dit blyk uit syfers wat Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, in ’n skriftelike antwoord op ’n parlementêre vraag van adv. Anton Alberts van die VF Plus verskaf het.

In Maart 2013 toe die pensioentrekkers se regspan amptelik met sy regsoptrede begin het, was daar sowat 75 000 pensioentrekkers en afhanklikes van die Transnet Vervoerpensioenfonds en die Transnet Tweedevastevoordeelfonds.

Daar is nou nog net 55 000 van hulle oor.

Intussen kry hulle steeds ’n verhoging van net 2% per jaar in hul pensioene teenoor inflasiesyfers van meer as dubbel soveel, weens swak beleggingsbesluite wat deur Transnet en die pensioenfondse in die vroeë 2000’s geneem is, asook beloftes van die destydse topbestuur in die 1990’s wat volgens die pensioentrekkers nooit nagekom is nie.

Sedert die pensioentrekkers teen 2013 besluit het om ’n groepseis teen Transnet en die pensioenfondse aanhangig te maak het 9 697 pensioentrekkers en 11 071 van hul eggenote en kinders al gesterf.

Dit kom neer op ’n gemiddelde van 156 pensioentrekkers en 178 eggenote en kinders per maand, oftewel sowat 333 per maand, volgens Gordhan se inligting.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.