Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aftrede
Fout met aftreefondse: Dié 25 het weer geregistreer
Ter illustrasie. Foto: iStock

Liberty het vanjaar met ’n aansoek in die hooggeregshof reeds die deregistrasie van 25 van die aftreefondse wat hy verkeerdelik gesluit het, omgekeer.

Hy het vroeër erken hy het 130 aftreefondse – met sowat R100 miljoen se bates – tussen 2007 en 2013 verkeerdelik gesluit. (Sien die name van die fondse wat weer geregistreer is, verder aan.)

Die deregistrasies spruit uit ’n veldtog deur die registrateur van pensioenfondse in 2007 dat aftreefondse wat nie meer lede of trustees het nie, gesluit word.

Liberty het die meeste hiervan – sowat 80% van die fondse wat sedertdien gesluit is – onder sy administrasie gehad.

Tiaan Kotze, uitvoerende hoof van die pensioenfondsadministrateur Liberty Corporate, sê die maatskappy het sedert 2007 altesaam 4 600 aftreefondse laat deregistreer, maar het intussen besef dat 130 daarvan verkeerdelik gesluit is.

Sekere van die fondse se administrasie is oorgeneem van onder meer Investec Employee Benefits; Fedlife Holdings; Capital Alliance; en Standard General Insurance Company.

Kotze sê hulle kry nou die oorblywende 105 fondse se inligting bymekaar sodat aansoek gedoen kan word dat die hof ook dié fondse se registrasie herstel. Die betrokke fondse kry nuwe trustees wat sal sorg dat die voordele uitbetaal word aan lede wat opgespoor kan word.

Hy sê talle kwessies het daartoe bygedra dat dié fondse verkeerdelik gesluit is. Dit is onder meer swak bestuur deur administrateurs wat later deur Liberty oorgeneem is, bates wat in verkeerde entiteite se name gehou is of aftreefondse waarvan die naam ’n paar keer verander het.

Chantal Hugo, hoof van deregistrasie in Liberty Corporate se administrasie-afdeling, het laat in 2013 en vroeg in 2014 ’n interne oudit gedoen om moontlike foute te identifiseer en reg te stel.

Sekere van die fondse se administrasie is oorgeneem van onder meer Investec Employee Benefits; Fedlife Holdings; Capital Alliance; en Standard General Insurance Company.

Volgens die inligting wat op Liberty se administrasiestelsel gelaai is, was dié fondse dormant, maar die interne ondersoek het onthul hulle het wel lede, bates en aanspreeklikhede.

Die grootste van die fondse wat verkeerdelik gesluit is, is Bivec. Sowat R19,8 miljoen was in Desember 2016 nog in die fonds.

Liberty het ook bekend gemaak dat sowat R2,2 miljard se onopgeëiste voordele in pensioenfondse lê wat hy administreer. Daarvan is sowat R1 miljard deur trustees oorgedra na ’n fonds vir onopgeëiste voordele wat in 2009 begin is.

Onopgeëiste voordele word deur die pensioenfondswet gereguleer. Dit behels voordele wat nie geëis en uitbetaal is twee jaar nadat die lid die diens van die werkgewer verlaat het nie.

Liberty is in die proses om 75 000 mense op te spoor wat begunstigdes van die geld in dié fonds is.

Na raming is daar tussen R41 miljard en R44 miljard se onopgeëiste geld in aftreefondse in die hele bedryf.

Kotze sê danksy tegnologie het die vermoë om mense op te spoor die afgelope jare drasties verbeter, onder meer omdat baie meer databanke nou beskikbaar is.

Kotze sê Liberty het sedert die 70’s meer as 9 000 fondse gederegistreer.

Ook dié fondse se inligting is weer bekyk om seker te maak daar lê nie opgeëiste voordele in hulle nie. Ou lêers van die 80’s en 90’s is opgediep en die hulp van mense wat voorheen by die fondse betrokke was, is ingeroep om alles soos “ ’n legkaart bymekaar te sit”.

Dié 25 fondse se deregistrasie is reeds omgekeer:

1. Bivec-groep-pensioenfonds

2. Consolidated Importers and Exporters (Edms.) Bpk. se Voorsorgfonds

3. D.R.P. Construction-voorsorgfonds

4. FDP-pensioenfonds

5. General Business Systems and Life Assurance Scheme

6. Infotech Pension and Life Assurance Fund

7. Koelkor-voorsorgfonds

8. Lothlorien-voorsorgfonds

9. Medtronic Africa-voorsorgfonds

10. Natal Provincial Administration Personnel Association-aftreevoordelefonds

11. Nelspruit Wholesalers-voorsorgfonds

12 Pickering van Rensburg-voorsorgfonds

13. Plastithene Injection Moulders-voorsorgfonds

14. RBC-voorsorgfonds

15. Robot Hardware-voorsorgfonds

16. Sterklewies-pensioenskema

17. SWF-groep-aftreefonds

18. Tandy-voorsorgfonds

19. The CET Trading S.A.-aftreefonds

20. The Community Bank-voorsorgfonds

21. Trademark-voorsorgfonds

22. Trimrite Provident and Life Assurance Fund

23. VRG-voorsorgfonds

24. Wacker-pensioenfonds

25. Maison Costa-pensioenfonds

Meer oor:  Liberty Life  |  Liberty  |  Pensioen  |  Aftrede  |  Pensioenfondse
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 1302,24 (360)
  • Top 40 45528,86 (-11014)
  • All Share 51560,47 (-18368)
  • Resource 10 39755,88 (17194)
  • Financial and Industrial 30 68121,71 (-29534)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.