Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aftrede
GEPF-groep kry nuwe naam
Tot dusver het die GEPF staatsamptenare verseker dat hy nie sal toelaat dat hul pensioengeld as reddingsboeie gebruik sal word nie. Foto: Pixabay

Die groep pensioentrekkers wat hulle aktief beywer vir die verantwoordelike bestuur van die pensioenfonds vir staatsamptenare (GEPF) is nou amptelik by die departement van maatskaplike sekerheid geregistreer as ’n organisasie sonder winsbejag.

Die groep, wat tot dusver as die GEPF Moniteringsgroep bekend gestaan het, is nou bekend as die Vereniging vir Monitering en Voorspraak van Regeringspensioene. Die organisasie verkies dat die Engelse afkorting vir Association for Monitoring and Advocacy of Government Pensions (AMAGP) gebruik word.

Volgens Errol Massey-Hicks, hoof van die organisasie, is die registrasie vertraag omdat die departement oor die vorige naam gekibbel het.

AMAGP was veral die afgelope jaar baie uitgesproke oor waarin die GEPF belê, asook oor die bestuur van staatsgeld in die algemeen. Die vrees bestaan steeds dat die GEPF ingespan word om sukkelende staatsondernemings te red.

Hoewel die GEPF ’n vastevoordelefonds is, wat beteken pensioentrekkers kry dieselfde pensioen ongeag wat die fonds se opbrengs is, kan die wanbestuur van die fonds dit onvolhoubaar maak, wat toekomstige pensioentrekkers veral swaar kan tref.

Die voorbeeld van die Transnet-vastevoordelefondse, waar baie pensioentrekkers vasbrand weens minimale jaarlikse verhogings in hul pensioen, vererger dié vrees.

Tot dusver het die GEPF staatsamptenare verseker dat hy nie sal toelaat dat hul pensioengeld as reddingsboeie gebruik sal word nie. Die GEPF se geld word deur die Openbare Beleggingskorporasie belê.

Meer oor:  Gepf  |  Staatsdienspensioenfonds  |  Pensioentrekkers  |  Aftrede
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 1108,65 (2792)
  • Top 40 45929,03 (12363)
  • All Share 52146,04 (14659)
  • Resource 10 39470,3 (2238)
  • Financial and Industrial 30 69022,22 (28521)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.