Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aftrede
GEPF ‘kyk reeds’ na verhouding met OBK
Die GEPF hersien sy prosesse en mandate met die Openbare Beleggingskorporasie. Foto: Elvira Wood

Die staatsdienspensioenfonds (GEPF) is reeds besig om alle ooreenkomste, beleid, mandate, prosedures, prosesse, maatstawwe en fooistrukture tussen hom en die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) te hersien.

Die GEPF het Maandag in ’n verklaring gesê hy doen dit in reaksie op die verslag wat in Maart deur die kommissie van ondersoek na die gebeure by die OBK uitgereik is.

Die GEPF is die grootste kliënt van die OBK as batebestuurder.

Die OBK bestuur bates (nie net vir die GEPF nie) ter waarde van sowat R2 000 miljard.

Die verslag, wat reeds einde 2019 aan pres. Cyril Ramaphosa voorgelê is, maar eers in Maart uitgereik is, maak verskeie aanbevelings.

Die kommissie, onder leiding van regter Lex Mpati, het bevind daar was flagrante ongerymdhede in die beleggingskeuses wat die OBK uitgeoefen het, wat nepotisme, politieke inmenging en die ongeoorloofde verryking van individue insluit.

Die kommissie het agt transaksies ondersoek, waaronder met die Sekunjalo-groep van dr. Iqbal Survé, Steinhoff en VBS Mutual Bank. Die transaksies is beklink toe dr. Dan Matjila die uitvoerende hoof was.

In die verslag van 995 bladsye is bevind Matjila het sy magsposisie misbruik om finansiële hulp en bydraes aan individue, organisasies en selfs Cosatu en die ANC te reël.

Die kommissie het aanbeveel dat al die transaksies tussen die OBK en Survé se Sekunjalo-groep van maatskappye aan forensiese ondersoeke onderwerp moet word.

Die GEPF sê in die verklaring hy neem kennis van hierdie aanbevelings en ondersteun dit.

Kritiek

Die vereniging vir die monitering en voorspraak van staatsdienspensioene (AMAGP) het egter reeds die GEPF gekritiseer oor sy eie betrokkenheid by van die ongerymdhede.

“Die GEPF was veronderstel om te alle tye, en toe dinge begin skeefloop, in beheer van die fonds te wees,” het Adamus Stemmet, woordvoerder van die AMAGP, voorheen in ’n verklaring gesê.

LEES OOK: OBK-verslag: Gaan daar optrede wees?

Stemmet sê dat wanneer daar na die bevindings, kommentaar en aanbevelings van die kommissie gekyk word, kan gevra word oor waar die GEPF se raad van trustees was toe dié dinge gebeur het.

“Hierdie gebeure moet ook na behore ondersoek word sodat die ketting van verantwoordelikheid en aanspreeklikheid bevestig kan word.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.