Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aftrede
GEPF: Voor- en nadele om aftreegeld hier te hou
Jy moet ideaal gesproke sonder skuld en met ’n noodfonds aftree.

Die GEPF is sowat R1 600 miljard sterk en dié fonds is die afgelope weke in die kollig weens kommer dat sy reserwes deur die regering gebruik sal word om staatsinstellings van ondergang te red.

Die nasionale tesourie het voorheen gesê die Openbare Beleggingskorporasie (OBK), wat die GEPF se geld belê, word genader om as alternatiewe koper van effekte van die Suid-Afrikaanse Lugdiens op te tree in ’n poging om die lugdiens te herkapitaliseer.

Rocco Carr, sakeontwikkelingsbestuurder van Glacier van Sanlam, sê daar is verskillende oorwegings wat staatsdienswerkers by aftrede in gedagte moet hou.

   

Redes waarom mense by die GEPF wil aftree

1. Jy kry ’n gewaarborgde inkomste, lewenslank.

2. Die jaarlikse verhogings is redelik verseker, hoewel dit meestal minder as inflasie is.

3. Ná die lid se dood kan die gade steeds ’n inkomste kry.

4. Afgetredenes kan deel bly van die staatsdiens se mediese fonds, Gems, en ’n subsidie daarvoor ontvang.

5. Dit gaan dus oor sekuriteit by aftrede, want die staat is verantwoordelik om die inkomste te betaal en die belegger dra dus nie self die beleggingsrisiko nie.

Waarom mense wil weggaan by GEPF

1. By afsterwe van die lid verlaag die inkomste van die gade met 25% of 50%, afhangend van sekere keuses wat uitgeoefen is. Mense is bang indien die lid vroeg sterf, kan die gade nie met die verlaagde inkomste oorleef nie. Sommige mense neem nie die impak van so ’n verlaging regtig in berekening wanneer hul keuses uitgeoefen word nie.

2. Die grootste vrees is egter as albei gades sterf, vind daar geen vererwing na enige erfgename plaasvind nie. Dit noop mense om eerder weg te gaan van die GEPF.

3. Sekere voordele soos die mediesefonds-subsidie en selfs lidmaatskap van Gems kan in sommige gevalle wegval by die afsterwe van die lid.

4. Amptenare is bang dat korrupsie oor tyd hul pensioen in gevaar kan stel en dat die inkomste dalk wel in die toekoms in gedrang kan kom soos in Griekeland ’n paar jaar gelede.

Risiko’s as hulle besluit om weg te gaan van die GEPF

1. Die belegger neem self verantwoordelikheid vir beleggingskeuses.

2. Markrisiko word geneem in produkte soos lewende annuïteite. Waarborge se koerse is soms te laag.

3. Die impak van ’n hoë ouderdom word nie altyd ingereken nie en lewende annuïteite alleen kan dalk nie die risiko negeer nie. Vir dié rede gebruik Glacier graag die kombinasie van die lewende annuïteite (Engels: illas) en die sogenaamde beleggingsgekoppelde lewenslange inkomsteplan (illi). Dat hulle langer as beplan leef, is die grootste risiko vir afgetredenes.

4. Lede moet hul eie mediese fonds kry en verloor die subsidie.

5. Hulle verloor opgehoopte verlof en hul gratifikasie.

Voordele as hulle wel weggaan

1. Hulle neem beheer van hul eie toekoms.

2. Hulle kan uit verskeie produkte kies, soos waarborge, lewende annuïteite en illi en hul eie kombinasie bou.

3. In ’n lewende annuïteit kan hulle kapitaal laat vererf.

4. By die dood van die lid hoef die gade nie noodwendig ’n laer inkomste te neem nie.

5. Met lewende annuïteite kan hulle hul inkomste self bestuur deur jaarliks die inkomste te kies tussen 2,5% en 17,5%.

Hoe werk die proses?

1. Indien die lid net wil aftree, moet hy/sy by die staat aftree.

2. Indien nié, moet die lid bedank voordat aftreeouderdom bereik word. Die geld word dan alles belastingvry oorgedra na ’n bewaringsfonds waaruit die lid dan kan aftree na enige van die opsies wat in die mark beskikbaar is. Met dié proses kan lede met baie jare diens die belastingvoordeel van die fonds se pre-1998-gedeelte benut. Deur by die staat af te tree, kan die voordeel nie noodwendig optimaal benut word nie.

* Volksblad, Jenwil en Sanlam Beleggings hou op 20 September ’n Aftreekongres by Summerwood net buite Bloemfontein. Verskeie aspekte van aftrede word belig, onder meer hoe ’n mens jou pensioen in jou boedelbeplanning en testament hanteer dat dit volgens jou wense geskied. Emosionele voorbereiding en beplanning voor en ná aftrede word deur dr. Jeannine van der Berg, ’n plaaslike psigiate,r bespreek.

Die Aftreekongres is gratis, maar voorafbespreking is noodsaaklik. Bespreek plek by Ebeth Wil­son by office@jenwil.co.za of skakel 051 447 0463.

Meer oor:  Gepf  |  Obk  |  Aftreebeplanning  |  Aftrede
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.