Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aftrede
Houers van lewende annuïteite behou dissipline

Houers van lewende annuïteite se gemiddelde onttrekkingskoers het die afgelope twee jaar feitlik onveranderd gebly op 6,64%, ondanks die skerp styging in lewenskoste, sê die Vereniging vir Spaar en Belegging in Suid-Afrika (Asisa).

Mense met lewende annuïteite mag jaarliks hul eie onttrekkingskoers kies. Dit moet tussen 2,5% en 17,5% beloop. Foto: iStock

Luidens Asisa se 2017-opname oor lewende annuïteite het houers daarvan verlede jaar gemiddeld 6,64% van hul kapitaal as inkomste onttrek, vergeleke met 6,62% in 2016.

Taryn Hirsch, ’n senior beleidsadviseur van Asisa, sê in ’n verklaring toe die vereniging gekonsolideerde statistieke oor Suid-Afrika se lewende-annuïteitsboek in 2011 begin insamel het, was die gemiddelde onttrekkingsvlak 6,99%.

Sy sê pensioentrekkers en hul adviseurs moet geprys word omdat hulle ingekort het eerder as om hul onttrekkingsvlakke te verhoog. 

Mense met lewende annuïteite kan jaarliks hul eie onttrekkingskoers kies. Dit moet tussen 2,5% en 17,5% beloop. Indien mense meer onttrek as die opbrengskoers op hul beleggings, sal hul kapitaal vinniger opraak.

Meer oor:  Asisa  |  Aftrede  |  Aftreebeplanning  |  Pensioen
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 1141,62 (2006)
  • Top 40 46188,83 (33766)
  • All Share 52423,52 (32748)
  • Resource 10 39946,35 (23362)
  • Financial and Industrial 30 69346,7 (55842)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.