Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aftrede
Klagtes oor pensioene styg met 16% tot rekord
oud, bejaarde, pensioen
’n Rekordaantal klagtes is in die afgelope jaar tot einde Maart deur die Pensioenfondsberegter ontvang.

’n Rekordaantal klagtes is in die afgelope jaar tot einde Maart deur die Pensioenfondsberegter ontvang nadat klagtes met 16% tot 11 399 gestyg het.

Die kantoor van die pensioenfondsberegter is in 1998 geskep om klagtes van pensioenfondslede te help oplos. Die kantoor val onder die toesig van die Gedragsowerheid vir die Finansiële Sektor (FSCA).

Abel Sithole, kommissaris van die FSCA, het in die jongste jaarverslag van die pensioenfondsberegter gesê die ongekende styging in die aantal klagtes is kommerwekkend.

Hy het gesê van die probleme kom voortdurende die afgelope jare voor, soos die nienakoming van artikel 13A van die Pensioenfondswet, wat te make het met die invordering van bydraes.

Ander probleme hou verband met die vertragings in die uitbetalings van voordele aan begunstigdes; ’n gebrek aan voldoende dokumentasie en rekordbestuur; asook die swak reaksie van pensioenfondse op navrae van die kantoor af.

“Al hierdie probleme, veral in die huidige ekonomiese toestande, het ’n regstreekse impak op pensioenfondslede se welsyn.”

Muvhango Lukhaimane, die pensioenfondsberegter, meen dit is kommerwekkend dat die meeste klagtes te doen het met die nienakoming van artikel 13A van die wet.

Dié probleem het te make daarmee dat die fondse in gebreke bly om die nodige bydraes ingevolge die wet in te samel en ook om teen skuldige werkgewers of die verantwoordelike persone wat nie die betalings maak nie, op te tree.

“Dit is ongelukkig dat die klagtes steeds in die 20-jarige bestaan van die kantoor toeneem.

“Hierdie probleme moet deur die FSCA aangepak word. Vir ’n bedryf wat homself as wêreldklas beskou en betreklik volwasse is, is dit ’n ernstige aanklag op die verbintenis om in die beste belang van lede op te tree,” het sy in die jaarverslag gesê.

Die grootse nienakoming kom van groot fondse soos sambreelfondse, fondse wat deur sektorale vasstelling geskep is en bedryfsfondse.

Nog probleme is dat die fondse nie basiese inligting soos voordeelstate aan lede verskaf nie.

“Die omvang van die nienakoming van die groot fondse lei daartoe dat die beleidsrigting bevraagteken word om fondse te konsolideer, omdat dit duidelik is hoe verder ’n fonds en sy administrateurs verwyder is van die gewone lede en werkgewers, hoe minder kom hulle die basiese wetsvereistes na,” het sy gesê.

Die munisipale sektor is in hierdie verband uitgesonder.

“ ’n Aantal munisipaliteite in die Vrystaat en Noordwes kon nie die bydraes tot pensioenfondse betaal nie en hul lede se pensioengeld is dus in gevaar.”

’n Aantal munisipaliteite in die Vrystaat en Noordwes kon nie die bydraes tot pensioenfondse betaal nie en hul lede se pensioengeld is dus in gevaar.

Dit het gelei tot beslissings deur die pensioenfondsberegter vir die balju om op munisipale eiendom beslag te lê.

Geen verbetering het ook plaasgevind by die groot fondse wat spesifiek in die vorige jare genoem is ten opsigte van nienakoming nie.

Dit sluit probleme wat met die Private Security Sector Provident Fund en sy administrateur, Salt Employee Benefits, ondervind word, asook met die Soweto City Council Pension Fund in.

Volgens Sithole van die FSCA het die oplossing van klagtes ook vir die eerste keer die kerf van 10 000 verbygesteek en vergeleke met die vorige jaar met 17% verbeter. Hy het dit verwelkom dat daar ’n toename was in die aantal skikkings wat bereik is. Sowat 2 405 klagtes is met skikkings opgelos – 64% meer as die vorige jaar.

Sowat 1 900 klagtes was buite die jurisdiksie van die beregter, maar daarvan is 1 355 na ander entiteite verwys. Die helfte is na die FSCA verwys en 26% na die Government Employees Pension Fund (GEPF).

Einde van die boekjaar Maart 2019 was daar nog 4 325 klagtes wat nie opgelos is nie. Dit is aan die groot toename in klagtes toegeskryf.

Meer oor:  Pensioengeld  |  Bedrog  |  Pensioenfonds  |  Skema  |  Fsca
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.