Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aftrede
KYK: Transnet-oues se hofsaak kan SA se sak ruk

Transnet-pensioenarisse het Donderdag opgeruk na die Uniegebou om by die presedensie te pleit dat daar by hul groepsgeding ingegryp word.

’n Groep van meer as 400 pensioenarisse het ’n memorandum wat gerig is aan pres. Cyril Ramaphosa en Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, oorhandig.

Die groep vra dat daar ingegryp sal word sodat hulle nie Transnet in Oktober in die hooggeregshof hoef te pak nie.

“Die saak sal ’n dramatiese impak hê op Suid-Afrika se ekonomie, dit is dringend dat Transnet eerder so gou as moontlik moet skik,” sê Anton Alberts, voorsitter van VF Plus.

Johanna Ramusetha sit Donderdag op die grasperk van die Uniegebou in Pretoria. Sy het saam met honderde ander werkers opgeruk om ’n griefskrif oor hul pensioengeld by die presedensie in te handig. Foto: Isabel Venter

Hy het Donderdag die groep pensioenarisse bygestaan met die oorhandiging.

Volgens Alberts sal die groepsgeding, indien Transnet hul saak verloor, die staat meer as R80 miljard kos.

“Dit kan die land se kredietstatus beïnvloed. Dan praat ons nie eens van die humanitêre impak maandeliks op die pensioenarisse nie,” sê Alberts.

Na raming sterf daar maandeliks tussen 300 en 400 pensioenarisse weens swak versorging, sê Alberts.

Anton Alberts, voorsitter van VF+, spreek Donderdag ’n groep Transnet-pensioenarisse Die werkers eis dat hul pensioengeld dadelik uitbetaal word. Foto: Isabel Venter

Pensioenarisse wys ook uit in hul griefskrif dat hulle tans R2 000 en minder per maand ontvang. Ná aftrekkings bly party met net R1 oor vir die res van die maand.

“Daar is nie meer tegniese punte aaroor Transnet in die hof kan argumenteer nie. Ons wil druk plaas op die regering sodat Transnet kan skik vóór Oktober,” sê Alberts.

Anton Alberts, voorsitter van VF+, spreek werkers toe voor hulle Donderdag ‘n memorandum oorhandig het aan die presedensie by die Uniegebou in Pretoria. Foto: Isabel Venter

Die regstappe teen Transnet en sy pensioenfondse het al in 2013 begin, maar Transnet het die saak so lank as moontlik probeer uitrek deur telkens besware teen die pensioenarisse se eise in te dien wat dan die hofprosesse vertraag het.

Transnet het in die vroeë 2000’s besluit hy kan pensioenfondsuitbetalings met net die statutêre 2% per jaar verhoog om die finansies van die pensioenfondse gesond te hou. Dit het egter veroorsaak dat die pensioenarisse van Transnet toenemend verarm het namate inflasie (wat gemiddeld 5,5% per jaar beloop het) hul inkomste opvreet, tesame met mediesefonds-aftrekkings van veel meer as inflasie.

Geyser & Coetzee tree namens die Transnet-pensioenarisse in die groepsgeding op waarin hulle meer as R80 miljard van Transnet, die Transnettweedevastevoordeelfonds en die Transnet-subfonds van die Vervoerpensioenfonds eis.

Dit is vir wat hulle beskou as beloftes oor inflasieverwante pensioenverhogings in die 1990’s wat nie nagekom is nie.

Die geding gaan ook daaroor om te vergoed vir slegte beleggingsbesluite wat die pensioenfondse en Transnet in die vroeë 2000’s geneem het.

Indien die partye nie skik nie sal hulle mekaar op 7 Oktober in die hooggeregshof pak.

Honderde Transnet-pensioenarisse het Donderdag opgeruk na die Uniegebou in Pretoria om hul pensioengeld te eis. Hulle het ’n memorandum aan die presedensie oorhandig waarin hulle vir hulp vra. Anton Alberts, voorsitter van VF+ het die werkers voor die tyd toegespreek. Foto: Isabel Venter
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 1684,73 (8860)
  • Top 40 49792,42 (-3513)
  • All Share 56107,48 (-3818)
  • Resource 10 46643,98 (-1924)
  • Financial and Industrial 30 73027,33 (-2799)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.