Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aftrede
Moet my kinders my aftreegeld erf?

Baie mense wat aftree verkies die opsie van ’n lewende annuïteit omdat hulle graag wil hê die kapitaal moet ná hul dood vir die nageslag behoue bly.

Hierdie voorneme word edel en opreg bedoel, maar beleggers vergeet dikwels die doel van aftreekapitaal, sê Marthinus van der Nest, hoof van kleinhandelverspreiding van Sanlam Investments.

Hy is een van die gassprekers op Volksblad, Jenwil BlouSter Finansiële Adviesdienste, Sanlam en Radio Rosestad se Aftreekongres op 16 Augustus.

“ ’n Mens spaar jou lewe lank om geld bymekaar te maak sodat ’n inkomste vir die oudag aangekoop kan word, maar wanneer dié dag aanbreek, word vererwing na die nageslag skielik ’n groot oorweging.”

Indien die belegger voldoende kapitaal bymekaargemaak het en die inkomstebehoefte regverdig ’n nalatenskap uit die pensioengeld, is dit goed so.

“Die realiteit is egter dat die meeste mense veels te min spaar om net in hul eie behoefte tot afsterwe te voorsien, laat staan nog om iets vir hul nageslag oor te laat.”

Die probleem word vererger omdat mense al hoe langer leef en soms noodgedwonge verplig word om vroeër af te tree as wat hulle beplan het – met meer druk op hul aftreekapitaal.

“Mense moet hul prioriteite hersien en aanvaar dat pensioengeld bedoel is om vir jou en jou gade (waar van toepassing) lewenslank van ’n inflasieaangepaste inkomste te voorsien,” sê Van der Nest.

Die eerste grafiek hier onder projekteer die inkomstevlak van ’n paar wat albei 65 jaar oud is. ’n Jaarlikse inkomste van 4,9% van hul belegging, wat jaarliksmet inflasie toeneem, is gebruik op ’n belegging van R5 miljoen. Indien een of albei van die gades ouer word as 85, sal die vererfbare kapitaal uitgeput raak.

In die tweede tabel vertel die inflasieaangepaste waarde van die kapitaal egter ’n ander storie, wat daarop dui dat beleggers op inkomste, eerder as op vererfbare kapitaal, moet fokus.

“Hiermee word nie bedoel dat lewende annuïteite nie meer ’n plek het nie. Inteendeel, deur gebruik te maak van ’n lewende annuïteit met ’n soort waarborg as kombinasie, kan beleggers inkomste-sekerheid kry sonder om totale verlies aan kapitaal by afsterwe te ervaar,” sê Van der Nest.

Die laaste grafiek wys hoe dieselfde beleggers hul R5 miljoen verdeel met 70% in ’n lewende annuïteit en 30% in Glacier se Beleggingsgekoppelde Lewenslange Inkomsteproduk (ILLI). Met dié produk word daar ’n waarborg op die inkomste gegee, maar ná die langslewende se dood sal dié komponent nie vererf nie. As een van die gades egter ouer word as byvoorbeeld 85, is daar beskerming van die inkomste.

  • Die aftreekongres word op 16 Augustus om 17:00 by Summerwood Country Estate buite Bloemfontein gehou. Toegang is gratis, maar besprekings is noodsaaklik. Bel Caren Eigelaar van Jenwil BlouSter by 051 447 0463 of stuur ’n e-pos aan office@jenwil.co.za.
Meer oor:  Sanlam  |  Aftrede
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 1121,56 (1291)
  • Top 40 45851,17 (-7786)
  • All Share 52096,04 (-5000)
  • Resource 10 39712,73 (24243)
  • Financial and Industrial 30 68788,28 (-23394)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.