Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aftrede
Nico van Gijsen: Aftrede – hoeveel is genoeg?

Ons stemdagbraai het ’n lekker nie-politieke vraag opgelewer: Hoeveel is genoeg vir aftrede?

Nico van Gijsen

Vergeet van ’n tegniese langsin-antwoord. Die antwoord is eenvoudig, dit hang af. Waarvan? Kom ons kyk.

Dit hang nie soseer af van hoeveel jy gespaar het nie. Dit hang af of jy ná aftrede jou lewenstyl kan volhou totdat jy die dag sterf. En daarna waarskynlik ook nog vir ’n oorlewende gade tot dié ook pad vat die saligheid in.

Ons vermoëns om te kan spaar verskil van mekaar en ’n mens moet dus realisties wees in jou verwagtinge. Daarom dat ek die ná-aftrede-lewenstyl belangriker ag as die bedrag geld. My voorstel is dat jy genoeg moet spaar om af te tree met ’n lewenslange inkomste van minstens 75% van jou laaste salaris.

Dit is haalbaar. Maklik. Dit kort net ’n bietjie gelddissipline.

Dit hang ook af van hoe lank jy spaar vir aftrede. Of, laat ek dit anders stel, vergeet van vroeg aftree, werk so lank as wat jy kan. Vroeë aftrede is ’n seker manier om jouself in finansiële ellende te dompel.

Ja, ek weet daar is ook omstandighede wat ’n mens se lewe rig. Maar soos ek my seuns van kleins af geleer het, daar is redes en daar is verskonings. Ken die verskil. Gatvol is byvoorbeeld nie ’n rede nie.

Vroeë aftrede is ’n seker manier om jouself in finansiële ellende te dompel.

Vir die liggelowiges, kom ons laat die syfers praat. Syfers jok nie, verberg nie en draai nie doekies om nie.

Neem drie skoolmaats as voorbeeld, al drie mans, onderskeidelik A, B en C. Hulle begin saam op 20-jarige ouderdom werk. Elkeen se beginsalaris is R5 000 per maand, of dan R60 000 per jaar.

Hulle dra elke maand vir hul hele werkslewens 15% van hul salarisse (begin met R9 000 per jaar) by tot ’n aftreefonds. Elke jaar styg hul salarisse ewe veel met 7% en almal kan deurgaans ’n groeikoers van 10% per jaar op hul belegging kry.

Alles is dus gelyk.

  • Op 55-jarige ouderdom, dus ná 35 jaar, besluit A hy het nou genoeg hiervan, hy gaan vroeg aftree. Sy pensioengeld teen daardie tyd is R5 753 496. ’n Man van 55 se lewensverwagting is 22 jaar (afgerond).
  • B besluit hy werk tot op 60, en tree dan af, dus ná 40 jaar. Sy aftreekapitaal? ’n Heel flukse R9 999 761. Deur net vyf jaar langer te werk is sy pensioenpot byna dubbel soveel as A s’n, wat 35 jaar lank gespaar het. ’n Man se lewensverwagting op 60 is nog 17 jaar.
  • C is een van daardie ouens wat, soos ek, glo wysheid kom eers op 60 en hy bly maar werk. Op 65 sê sy baas vir hom hy moet waai. Hyself wou nie. Sy aftreekapitaal? ’n Heel spoggerige R17 133 929. Hy het net tien jaar langer gewerk as A, maar sy geld is byna drie keer meer. En dis net ’n raps minder as dubbel soveel as B wat net 5 jaar vroeër afgetree het. 
business, savings, annuity insurance, age and peop
Hoe langer jy kan werk, hoe beter vir jou aftrede. Foto: iStock

’n Man se lewensverwagting op 65 is nog 14 jaar. Ek noem die lewensverwagting, want dit is ’n uiters belangrike deel van jou beplanning. Dit wys hoe dom dit is om vroeg af te tree.

Kortom, hoe vroeër jy aftree, hoe langer moet jy leef van minder geld.

Ons gaan almal dood.

Wat jy wil voorkom, is dat jou geld vóór jou doodgaan.

  • Nico van Gijsen, ’n gesertifiseerde finansiële beplanner en belastingprak­tisyn, is besturende direkteur van Finlac en ’n lid van Fisa. Lesers kan navrae aan hom stuur by Raad met jou Rande, Posbus 8422, Johannesburg 2000 of nico@finlac.com; Twitter: @Nicovangijsen.
Meer oor:  Nico Van Gijsen  |  Aftreebeplanning  |  Aftrede
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.