Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aftrede
Nico van Gijsen: Begin vroeg spaar vir beter aftrede

Ons is naby aan die einde van die belastingjaar en dit is ’n goeie tyd om nou te kyk na aftrede-spaar, veral met die belastingvoordele wat beskikbaar is in ’n uittreeannuïteit (UA).

Nico van Gijsen

Ek het laat verlede jaar hier geskryf oor hoe om jou maksimum aftrekking te bereken. Lees dit hier: Bereken só bydrae tot annuïteit

Ter opsomming net: Jy kan tot 27,5% van jou inkomste (tot ’n maksimum van R350 000) per jaar bydra tot ’n aftreefonds, wat aftrekbaar is vir inkomstebelasting.

Jy betaal dus minder inkomstebelasting vanjaar as jy meer bydra tot ’n pensioenfonds of ’n UA. Jy is nie beperk tot hierdie bedrag nie. Die perk is op wat jy kan aftrek, nie op wat jy kan spaar nie. Dit wat jy nie hierdie jaar kan aftrek nie, is beskikbaar as ’n aftrekking in opvolgende jare. Of, ná aftrede, as ’n belastingvrye inkomste.

Maar dis nie net oor belasting wat ek vandag wil gesels nie.

Ek wil eerder wys op die voordele om so vroeg as moontlik al te begin spaar en nie te wag tot ’n paar jaar voor jou aftrede nie.

In my eerste rubriek hierdie jaar het ek gewys op die verskil wat tyd maak aan jou beleggings. Vandag wil ek dit ’n stap verder neem met die fokus op aftredevoorsiening.

Onthou, aftrede is ’n risiko waarvoor jy moet beplan. Jy gaan ophou werk en ophou om ’n inkomste te verdien. Wat jy nie wil hê nie, is dat jou geld voor jou doodgaan. En hoe vroeër jy hieraan begin werk, hoe beter daaraan toe sal jy wees met aftrede.

sonsondergang
’n Sorgelose aftrede begin met goeie beplanning - en hoe vroeër jy begin, hoe makliker is dit. Foto: Unsplash

Kom ons sê daar is twee vriende, A en B, dieselfde ouderdom. Hulle spaar elke maand dieselfde bedrag geld, sê hulle begin met R1 000 per maand wat jaarliks met inflasie van 5% toeneem en hulle kry dieselfde opbrengs per jaar, sê 10%. En hulle spaar vir dieselfde tydperk.

Die verskil is net dat A op 20-jarige ouderdom begin en vir 20 jaar spaar en dan ophou. B begin op 40-jarige ouderdom en spaar ook vir 20 jaar. Albei tree af op 60.

A, wat met R1 000 per maand begin, sal by aftrede op 60 ’n bedrag van R10 381 840 in sy aftree-neseier hê.

B se R1 000 per maand word aangepas met die 5% inflasie en wanneer hy begin spaar, begin hy al met R2 653,30 per maand. By aftrede op 60 het hy R2 728 044.

’n Reuse-verskil van (R10 381 840 – R2 728 044) R7 653 796.

Hoekom?

B het met ’n hoër bedrag begin spaar: R2 653,30 per maand teenoor A se R1 000 per maand. Albei se premies het jaarliks toegeneem met 5% en albei het vir 20 jaar gespaar.

Dit is omdat A vroeër begin het, en al het hy minder maandeliks bygedra, het hy nadat hy opgehou het kapitaalgroei gehad op sy 20 jaar se spaargeld, wat B nie gehad het nie.

Dít is die tydwaarde van geld.

Vir B om by dieselfde bedrag uit te kom as A, sal hy vir die 20 jaar wat hy spaar, moet begin met ’n premie van R10 097,39 per maand wat met 5% per jaar groei.

Belangriker as belasting is dat jy vroeg moet begin spaar vir aftrede al kom aftrede eers later in jou lewe.

  • Nico van Gijsen, ’n gesertifiseerde finansiële beplanner en belastingprak­tisyn, is besturende direkteur van Finlac en ’n lid van Fisa. Lesers kan navrae aan hom stuur deur te skryf aan Raad met jou Rande, Posbus 8422, Johannesburg 2000 of nico@finlac.com; Twitter: @Nicovangijsen.
Meer oor:  Nico Van Gijsen  |  Spaar  |  Uittree-Annuïteite  |  Aftreebeplanning  |  Aftrede
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2381,58 (472)
  • Top 40 48158,37 (4141)
  • All Share 53874,52 (3359)
  • Resource 10 42374,38 (-13158)
  • Financial and Industrial 30 72821,17 (16551)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.