Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aftrede
Nico van Gijsen: Keer só dat pensioen ‘verdwyn’

Een van die groot probleme met gewaarborgde pensioene is dat met die dood van die pensioenaris sy pensioengeld baie keer ook die hiernamaals in is.

Nico van Gijsen

Die langslewende gade kry dan gewoonlik net 50% van die pensioen. Maar huishoudelike uitgawes en inflasie voel vere vir die verminderde pensioen.

Dit is hierdie besef wat maak dat baie mense soms die verkeerde besluit neem by aftrede. Dit en die versugting dat daar darem vir kinders ook geld moet nagelaat word.

Laat ek net gou my punt maak oor die kinderkwessie. Dit is jóú aftrede, nie jou kinders s’n nie. Hulle het nog ’n lewe voor waarin hulle kan werk om geld te verdien, nes jy gedoen het. Jy moet na jouself kyk.

As jy aan ’n vastevoordeelfonds behoort, is jou pensioeninkomste vir jou uiteengesit en het jy nie veel van ’n keuse nie. Behalwe, soos in die geval van die staatspensioenfonds (GEPF), waar jy kan kies of jy by dood vir ’n langslewende gade 50% of 75% van jou pensioen wil nalaat.

Jou pensioen (of dan jou gratifikasie in die geval van die GEPF) verlaag as jy hoër pensioen wil nalaat. Dit verg dus sinvolle finansiële beplanning as jy jou nie later in jou lewe in finansiële ellende wil dompel nie.

Gewaarborgde pensioene wat jy van ’n versekeraar aankoop, vir dié wat ’n eie pensioen moet aankoop, werk maar op baie dieselfde beginsel: ’n lewenslange pensioen vir jou met ’n opsie oor wat gebeur by dood. En daar is ’n paar opsies.

Dit is belangrik dat jy reg geadviseer word hieroor, want elkeen het ’n uiteindelike invloed op jou pen­sioeninkomste en ook wat gebeur by dood.

En dit is hierdie kwessie, die vermindering in pensioeninkomste of geld wat “verdwyn”, wat maak dat mense in baie gevalle liewer ’n lewende annuïteit aankoop om hul kapitaal te beskerm.

Daar is ’n baie eenvoudige oplossing vir mense... lewensversekering.

Dis in baie gevalle ’n dom besluit, want jy is heeltemal uitgelewer aan die mark, veral as jy nie baie geld het om mee te begin nie.

Vir baie mense (dié wat ’n keuse het oor die pensioen wat hulle wil aankoop) is ’n gewaarborgde pensioen, die sogenaamde lewensannuïteit, die beste opsie. Dit gee gemoedsrus, want jy laat die beleggingsrisiko oor aan die versekeraar.

Daar is ’n baie eenvoudige oplossing vir mense wat wel die gemoedsrus van ’n seker pensioen tot dood wil hê, maar ook wil verseker dat ’n langslewende gade daarna darem ook finansiële voorsiening het. En dit is lewensversekering. Dit sal vergoed vir die verlies aan inkomste vir ’n naasbestaande ná dood.

Dit is belangrik dat jy reg geadviseer word oor jou opsies by aftrede, want elkeen het ’n uiteindelike invloed op jou pen­sioeninkomste en ook wat gebeur by dood. Foto: iStock

Diegene wat hul eie pensioene aankoop by aftrede het by sekere versekeraars die opsie vir die terugbetaling van kapitaal by dood. Dit is ook maar lewensversekering, behalwe dit is goedkoper as gewone lewensversekering, omdat die versekeraar reeds die geld het. Geen bewys van gesondheid is nodig nie.

Vir lede van vastevoordeelfondse, soos die GEPF, meen ek lewensversekering is ’n vereiste, want daar is nie die opsie van kapitaal terug by dood nie. Net by dood in die eerste vyf jaar ná aftrede word die res van die vyf jaar se pensioen uitbetaal.

’n Finansiële beplanner kan vir jou bereken hoeveel dekking is nodig. Dit is natuurlik beter om op ’n vroeë stadium van jou ou lewe reeds hiervoor voorsiening te maak, want lewensdekking is dan baie goedkoper.

  • Nico van Gijsen, ’n gesertifiseerde finan­siële beplanner en belastingpraktisyn, is besturende direkteur van Finlac en ’n lid van Fisa. Lesers kan navrae aan hom stuur deur te skryf aan Raad met jou Rande, Posbus 8422, Johannesburg 2000 of nico@finlac.com; Twitter: @Nicovangijsen
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2260,51 (7457)
  • Top 40 50341,63 (26385)
  • All Share 56406,88 (28305)
  • Resource 10 44220,72 (46209)
  • Financial and Industrial 30 76382,91 (30380)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.