Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aftrede
Nico van Gijsen: Moet ek aftree of bedank uit GEPF?
aftree, aftrede, pensioen,
Is jou sake in orde vir wanneer jy eendag aftree? Foto: Unsplash

Ek kry byna weekliks navrae van lesers wat wil weet of hulle moet aftree uit die regering se pensioenfonds (GEPF) en of hulle nie liewer moet bedank en hul aftreegeld self belê nie.

Eerstens oor die rede vir die vraag. Ek meen dis polities gedrewe: Die regering gaan ons pensioenfondsgeld mors. Die tweede argument is: Ek wil geld vir my vrou, kinders nalaat as ek sterf.

Kom ons kyk.

Die grootste enkele rede waarom jy liewer uit die GEPF moet aftree en nie bedank en jou geld neem nie, is dat aftrede uit die GEPF vir jou gemoedsrus bied. Jou pensioeninkomste is lewenslank gewaarborg, jou jaarlikse aanpassings ook. Moenie die waarde hiervan onderskat nie.

My betoog teen die politieke argument is dat ek meen die regering sal in sy spore trap met die GEPF-geldjies, want die meeste GEPF-lede is ondersteuners van die regerende party. Maak maar hiervan wat jy wil.

Al die somme wat ek gemaak het vir kliënte wat GEPF-lede is, dui daarop dat, bereken oor ’n normale lewensverwagting, die GEPF meer waarde bied as ’n eie pensioen. Anders gestel, om dieselfde pensioen te kan trek met ’n eie pensioen (byvoorbeeld ’n lewende annuïteit) as uit die GEPF, het jy heelwat meer geld nodig om mee te begin as jou GEPF-bedankingsvoordeel (as ons realistiese opbrengs- en onttrekkingskoerse gebruik).

Wat my bring by die storie van geld nalaat vir ’n langslewende gade by dood. Die GEPF bied vir ’n langslewende gade ’n gadepensioen van 50% van die oorspronklike lid se pensioen, ook lewenslank. Daar is ook ’n 75%-opsie, maar teen ’n vermindering in óf pen­sioen óf in die gratifikasie.

Waar die geld-nalaat-by-dood-argument vir my bietjie platval, is dat jy, soos ek hierbo noem, waarskynlik meer pensioen gaan moet trek (uit ’n lewende annuïteit) om gelyk te breek met jou GEPF-pensioen as wat jy realisties aan groei gaan kry. So, jy vreet in jou kapitaal in – en as jy hoop op ’n lang lewe . . . Wel, een van julle, jy of jou geld, gaan nie hou nie.

Uiteraard sal dit baie meer sin maak om elkeen se eie behoeftes te ontleed voor ’n mens aanbevelings maak (die rede om ’n kundige finansiële beplanner te raadpleeg).

Uiteraard sal dit baie meer sin maak om elkeen se eie behoeftes te ontleed voor ’n mens aanbevelings maak (die rede om ’n kundige finansiële beplanner te raadpleeg). Maar as jy regtig wil bedank, om watter rede ook al, sal ek voorstel jy kyk verby die alomgewilde lewende annuïteit, tensy jy meer as omtrent R5 miljoen het om te belê en dan ook nog die geld-dissipline het om onder sowat 5% per jaar te onttrek. Anders gaan jou geld nie hou nie en val die hele geld-nalaat-argument tog plat.

Dan maak dit baie meer sin om jou geld te vat en daarmee ’n gewaarborgde pensioen by ’n versekeraar aan te koop. Dit bied eweneens die gemoedsrus, maar sonder die vrees vir politiek in jou pensioengeld.

Nico van Gijsen

So ’n pensioen bied ook die opsie van ’n 50%-gadepensioen ná dood. Maar anders as die GEPF-pensioen bied dit ook die opsie van al die kapitaal terug by dood, sou die nalaat van geld werklik vir jou so belangrik wees.

Jy sal ’n raps minder pensioen kry met die kapitaal-terug-opsie, want ’n deel word gebruik om daardie kapitaal terug te waarborg (’n soort lewenspolis). Maar as dit is wat jy wil, dan is hierdie vir my ’n sinvolle oorweging.

  • Nico van Gijsen, ’n gesertifiseerde finansiële beplanner en belastingprak­tisyn, is besturende direkteur van Finlac en ’n lid van Fisa. Lesers kan navrae aan hom stuur na Raad met jou Rande, Posbus 8422, Johannesburg 2000 of nico@ finlac.com; Twitter: @Nicovangijsen.
Meer oor:  Nico Van Gijsen  |  Geldsake  |  Pensioenfonds  |  Aftrede  |  Gepf  |  Beleggings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2260,51 (7457)
  • Top 40 50341,63 (26385)
  • All Share 56406,88 (28305)
  • Resource 10 44220,72 (46209)
  • Financial and Industrial 30 76382,91 (30380)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.