Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aftrede
Nico van Gijsen: ’n UA vir werker nie ’n goeie idee
Moet jy jou huiswerker help spaar vir hul oudag? Foto: iStock

Hoe gemaak as jy vir jou huiswerker ’n geldjie wil spaar vir die oudag? ’n Uittree-annuïteit (UA)?

Nee, ek dink nie so nie. En dit is hoekom: ’n Huiswerker kan jare lank by een gesin werk en kinders help grootmaak. Hulle raak amper deel van die gesin.

Maar daar is vir die meeste huiswerkers nie veel hoop op finansiële voorsiening die dag wanneer hul diens beëindig word nie. En dit is hoekom mense iets probeer doen om te help. Soos om vir die huiswerker ’n UA uit te neem.

Maar is ’n UA die beste opsie?

Kom ons kyk na ’n leser se ervaring.

Hy het vir sy huiswerker ’n UA uitgeneem. Sy is die eienaar van die UA (of dan die lid van die fonds) en hy is die premiebetaler per debietorder. Intussen is haar diens beëindig. Hy kan haar nie opspoor nie, maar die versekeraar hou aan om maandeliks die premies op die UA uit sy bankrekening te onttrek.

Hy kan die premiebetaling ook nie staak nie, want, laat die versekeraar hom weet, hy is nie die lid van die fonds nie en sy moet dit self doen. Selfs sy bank weier dat hy die debietorder stop, want, so sê hulle vir hom, dit moet van die versekeraar af kom.

Kortom, ’n goeie daad het ’n nagmerrie gebaar.

Hier is die les: Jy kan nie ’n UA uitneem vir iemand anders nie. Hy of sy moet dit self doen. As jy teken as die premiebetaler, kan jy die premies nie staak nie, in elk geval nie sonder ’n geveg nie.

Daar is geen belastingvoordeel vir jou of die huiswerker nie. Jy kan net die belastingaftrekking eis as jy die geld in ’n eie UA betaal. Die huiswerker verdien in elk geval te min om die premie van belasting te kan aftrek.

Nico van Gijsen

As jy ’n eie saak bedryf en jy betaal as deel van ’n vergoedingspakket vir ’n werknemer ’n bydrae tot ’n UA of aftreefonds, is dit ’n ander saak.

My voorstel sou wees om liewer elke maand in ’n effektetrustfonds geld te belê en wanneer die huiswerker se diens beëindig word, die neseier aan hom of haar oor te betaal.

Hou dit liefs uit polis-spaarplanne uit; jy het nie lus vir verpligte betalings, penalisering en boetes nie – dit kan al die lekker uit die helpery haal.

Die probleem met die gedagte van “iets wegsit” vir ’n huiswerker is dat dit ’n mens eers tref ná baie jare se goeie verhouding. En dit beteken min jare wat jy kan bydra tot so ’n spaarvarkie en gevolglik ’n klein spaarbedrag. Dit sal dus help om ’n bedrag kontant te belê om te vergoed vir die goeie jare wat verby is en daarna maandeliks by te dra.

Ek sal verder voorstel dat ’n mens ook probeer om met lewensversekering voorsiening te maak vir ’n huiswerker. Onthou, as jy wegval is dit nie net jou naasbestaandes wat geraak word nie; jou huiswerker verloor ook sy of haar bron van inkomste.

  • Nico van Gijsen, ’n gesertifiseerde finansiële beplanner en belastingpraktisyn, is besturende direkteur van Finlac en ’n lid van Fisa. Lesers kan navrae aan hom stuur by Raad met jou Rande, Posbus 8422, Johannesburg 2000 of nico@finlac.com; Twitter: @Nicovangijsen

Meer oor:  Aftrede  |  Huiswerker  |  Geldsake
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.