Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aftrede
Nico van Gijsen: Oppas vir dié raad met jou aftreegeld

’n Leser vra wat ek daarvan dink om jou uittree-annuïteit (UA) in ’n lewende annuïteit (LA) te omskep, en dan só – anders as wat ’n UA jou toelaat om te doen – al die geld in die buiteland belê.

Nico van Gijsen

Ek het ’n paar probleme hiermee, maar ten eerste meen ek dit is die soort “finansiële raad” wat jy kan verwag van ’n kommissiegedrewe produksmous.

En as jy ernstig is oor jou aftrede en veral jou aftreegeld, is dit net mooi sulke finansiële raad wat jy wil vermy.

Jy kan nie bloot die UA in ’n LA “omskep” nie. Jy moet eers uittree uit die UA en dan die geld gebruik (of minstens twee derdes daarvan) om ’n LA aan te koop. In die UA spaar jy vir aftrede. Met ’n LA koop jy vir jou ’n verpligte pensioen van die geld wat jy in die UA gespaar het.

Kom ons kyk hierna vanuit ’n beleggingshoek. Die argument wat hierdie “finansiële raad” onderlê, vind ons in regulasie 28 van die Pensioenfondswet (Wet 24 van 1956), wat die blootstelling aan aandele in jou UA beperk tot 75%, buitelands 30% en eiendom 25%.

Die LA is dus bloot ’n manier om die 30%-blootstelling te omseil en al jou geld in die buiteland te belê.

Vir jong mense wat begin belê en jare aan hul kant het, maak hierdie beperkings op bateklas-blootstelling vir my ook nie sin nie. Een of ander semi-intellektuele burokraat moes dit tydens ’n nagmerrie uitgedink het. Maar vir iemand ouer as 55 jaar, die vroegste wat jy uit ’n UA kan tree, is dit ’n ander storie, hoewel ek steeds nie ten gunste van beperkings is nie. Mense se omstandighede verskil.

Moenie so gou jy kan - op 55 jaar - jou uittree-annuïteite staak nie en ’n pensioen daaruit begin trek nie, waarsku Nico van Gijsen. Foto: iStock

Dit maak egter ook nie vir my sin om ’n pensioen te koop net om jou geld in die buiteland te kan belê nie. Eerstens, moet jy nou ’n pensioen begin trek uit die UA (ten minste 2,5% per jaar) waarop jy inkomstebelasting moet betaal. En wel teen ’n hoër marginale koers, want jy is nog nie afgetree nie.

Jy kan nie verder spaar in jou UA nie, want jy het hom tot niet gemaak om ’n LA te kan koop. Óf jou spaarpoging vir aftrede eindig, wat nie goed is nie, óf jy spaar verder in ’n nuwe UA – ’n derde produk met ’n derde geleentheid om kommissie uit jou te maak.

Al jou aftreegeld in die buiteland? Ondanks die emosionele argumente van die doemprofete en andere wat eiebelang najaag, is dit nie slim om al jou geld in die buiteland te belê nie. Veral nie jou aftreegeld nie.

Sowat 70% van die maatskappye op die JSE verdien reeds die meeste van hul geld in die buiteland, so vanuit ’n risikoverspreidingsperspektief kry jy reeds daardie blootstelling.

As dit gaan om randverskansing, wat duidelik die groot motivering vir hierdie “raad” is, kan ek herhaal wat ek voorheen hier geskryf het. Valutabewegings is ’n bykomende beleggingsrisiko wat jy aanneem, dit bied geen sekerheid nie en is veral nie ’n beleggingswaarborg nie.

Bateverspreiding, in bateklasse en in ekonomieë, is belangrik vir risikoverspreiding. Maar net so belangrik is dat jy spaar vir so lank jy kan om jou aftree-neseier te vergroot.

Dit is ook belangrik om nie jou ore uit te leen aan mense met emosie-gelaaide argumente nie.

  • Nico van Gijsen, ’n gesertifiseerde finansiële beplanner en belastingpraktisyn, is besturende direkteur van Finlac en ’n lid van Fisa. Stuur navrae aan hom na Raad met jou Rande, Posbus 8422, Johannesburg 2000 of nico@finlac.com; Twitter: @Nicovangijsen
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 1121,56 (1291)
  • Top 40 45851,17 (-7786)
  • All Share 52096,04 (-5000)
  • Resource 10 39712,73 (24243)
  • Financial and Industrial 30 68788,28 (-23394)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.