Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aftrede
Nico van Gijsen: Vergeet van vroeg aftree

In my rubriek verlede Sondag (Aftrede – hoeveel is genoeg?) het ek met syfers gewys op die fout wat mense kan maak deur vroeg af te tree.

Nico van Gijsen

Ek wil dit vandag verder voer met werklike kwotasies vir ’n lewenslange pensioen en die finansiële gevolge vir die toekoms as jy net tien of vyf jaar vroeër sou aftree.

Onthou my stelling van verlede week: Jy wil nie dat jou geld voor jou doodgaan nie.

Kom ons begin met kortliks net ’n opsomming van die feite ter sake.

Ons het drie skoolmaats, onderskeidelik A, B en C. Almal begin terselfdertyd werk en al drie se salarisse styg ewe veel en hul aftreefondsbydraes is eweneens gelyk as ’n persentasie van salaris.

Die groei op hul beleggings is deurentyd dieselfde.

Sonder om alles te herhaal:

  • A tree af op 55 met ’n aftreekapitaal van R5 753 496, waarmee hy ’n pensioen moet aankoop.
  • B tree op 60 af (net vyf jaar later) met R9 999 761.
  • C tree op 65 af met R17 133 929.

Ruweg dus, deur net vyf jaar langer te werk, verdubbel jou aftreekapitaal. As dit nie mense se oë oopmaak teen vroeë aftrede nie, gaan niks dit doen nie.

Maar kom ons voer nietemin die argument verder. Jy moet genoeg geld hê om te hou tot afsterwe. Ek het ook lewensverwagting genoem verlede week, byvoorbeeld op 55 is ’n man se lewensverwagting nog 22 jaar en op 65 nog 14 jaar.

Hoe graag jy ook al vroeg wil aftree, dit skep die risiko dat jy geleidelik gaan verarm.

Wat my bring by die eerste probleem. As jy jou aftrede beplan rondom statistiese lewensverwagting gaan jy jouself in die voet skiet. As jy ’n eenvoudige aftreksom probeer doen, sal jy sien tussen die 22 jaar lewensverwagting vir ’n 55-jarige en die 14 jaar lewensverwagting vir ’n 65-jarige is reeds nog twee jaar se lewe “bygevoeg”.

Op 79 jaar (65 jaar oud plus die lewensverwagting van 14 jaar) kom nog ses jaar lewensverwagting by. Nou kan jy 85 word. Maar op 85 is jou lewensverwagting nog vier jaar. Nou is jy al 91 jaar oud. Ensovoorts.

Kortom, jy moet beplan vir veel langer as jou lewensverwagting op ’n gegewe ouderdom. Ek meen tot 90 is min of meer in die kol.

Goed, kom ons kyk nou na ons drie skoolmaats se pensioeninkomste ná hul onderskeie aftrede. Ek kyk na ’n gewaarborgde lewenslange pensioen vir elkeen met kapitaal (die oorspronklike beleggingsbedrag) terugbetaalbaar aan ’n begunstigde by dood.

  • A, wat op 55 aftree, kan ’n pensioen van R19 586 per maand aankoop met sy geld.
  • B, wat op 65 aftree kan ’n pensioen van R32 393 per maand aankoop.
  • C, wat op 65 jaar aftree, kan ’n pensioen van R51 199 per maand koop.

(Die syfers is van een versekeraar met wie ons werk en die bedrag bly dieselfde lewenslank.)  

En nou die inflasiemonster. A se pensioen teen die tyd dat hy 65 jaar oud is, se koopkrag (teen inflasie van 5%) is afgewater tot R12 024 per maand in vandag se geld. Dit is wanneer C begin met ’n pensioen van R51 199 per maand.

Dít is die syfer waarna jy moet kyk, nie of jy genoeg het om van te leef op 55 jaar oud nie.

Teen ouderdom 85 het A die koopkrag van R4 532, terwyl C (wat net tien jaar langer gewerk het) nog R19 296 in vandag se waarde kry, dieselfde randwaarde as waarmee A begin het.

  • Nico van Gijsen, ’n gesertifiseerde finansiële beplanner en belastingprak­tisyn, is besturende direkteur van Finlac en ’n lid van Fisa. Lesers kan navrae aan hom stuur by Raad met jou Rande, Posbus 8422, Johannesburg 2000 of nico@finlac.com; Twitter: @Nicovangijsen.
Meer oor:  Nico Van Gijsen  |  Aftreebeplanning  |  Aftrede
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.