Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aftrede
Nog geen goeie nuus oor Transnet-bonus

Dit blyk Transnet-pensioenarisse sal moet wag tot ná Augustus voordat hulle hoor wat hul bonus vanjaar sal beloop.

Transnet-pensioentrekkers hoop op ’n 15%-bonus vanjaar. Foto: Reuters

Die trustees van die Transnet Tweedevastevoordeelfonds het onlangs gevra vir ’n bonus van 15% van lede se jaarlikse pensioen. Dit sal neerkom op ’n bietjie meer as een maand se pensioen.

Die besluit is op ’n trusteevergadering goedgekeur, maar dit moet nog deur die Transnet-direksie goedgekeur word, wat eers teen einde Augustus vergader.

Naas Rossouw, 'n komiteelid van die Transnet-pensioenarisaksiegroep (TPAG) wat as trustee van die Transnet Vervoerpensioenfonds ook insae het by gesamentlike vergaderings van die Transnet-pensioenfondstrustees, verduidelik ’n versoek vir ’n bonus word gewoonlik gevolg deur ’n ondersoek deur die pensioenfondse se aktuaris wat moet sê of die fonds dit kan bekostig. Indien wel, moet ’n deel van die fonds se beleggings dan in kontant omgeskep word voordat die bonus uitbetaal kan word.

Lees ook: Duisende Transnet-bejaardes sterf terwyl eis sloer

Rossouw vermoed as als vlot verloop, sal die 15%-bonus, indien dit wel deur die Transnet-direksie goedgekeur word, eers teen einde September betaal word.

Dit kan egter ook die 10%-bonus raak wat normaalweg teen einde November betaal word. Dié bonus is ook nog nie goedgekeur nie.

Die Transnet Vervoerpensioenfonds se bonus, wat elke jaar in November ’n ekstra maand se pensioen behels, is ook nog hangende, het Rossouw gesê.

Oor die onderhandelings wat tussen die pensioenarisse en Transnet se regspanne voortduur oor ’n moontlike skikking in die pensioenarisse se groepseis teen Transnet het Rossouw net gesê die onderhandelings duur voort. As dit misluk, sal die hofsaak voortgaan. Dit gaan oor die eis van meer as R80 miljard teen Transnet en sy pensioenfondse oor die verhoging van net 2% per jaar wat hulle sedert die begin 2000’s kry weens swak beleggingsbesluite en beloftes wat volgens die pensioenarisse nie nagekom is nie.

Wynanda Coetzee van die regsfirma Geyser & Coetzee wat die opdraggewende prokureurs in die pensioenarisse se groepseis is het nog nie op navrae oor vordering met die onderhandelings en die hofsaak gereageer nie.

Gesondheid van Transnet-pensioenfondse:

  • Die Transnet-subfonds van die Vervoerpensioenfonds is ten volle gefinansier en het ’n aktuariële oorskot van R4,3 miljard gehad teen die einde van die boekjaar tot 31 Maart 2017, volgens Transnet se jongste beskikbare jaarverslag. Dit is gegrond op die fonds se batewaarde van R7,058 miljard en verpligtinge van R2,733 miljard.
  • Die Transnet Tweedevastevoordeelfonds is ten volle gefinansier en het ’n aktuariële oorskot van R3,6 miljard gehad teen die einde van die boekjaar tot 31 Maart 2017. Dit is gegrond op ’n batewaarde van R15,203 miljard en verpligtinge van R11,602 miljard.
  • Volgens Transnet het die twee pensioenfondse in die 2017-boekjaar bonusse van onderskeidelik R50 miljoen en R361 miljoen aan die fondsbegunstigdes betaal.
  • Sedert Desember 2011 het die Vervoerpensioenfonds R240 miljoen se bonusse betaal en sedert November 2007 het die Tweedevastevoordeelfonds R2,9 miljard se bonusse betaal.

Rossouw verduidelik die pensioenfondse is slegs befonds omdat pensioenuitbetalings jaarliks met net 2% verhoog word. As die verhogings teen 70% van inflasie was soos destyds aan pensioenarisse beloof is, sou die fondse nou "totaal onderbefonds" gewees het. 

Meer oor:  Transnet  |  Aftrede  |  Transnet-Pensioentrekkers  |  Pensioenfondse  |  Tpag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 1121,56 (1291)
  • Top 40 45851,17 (-7786)
  • All Share 52096,04 (-5000)
  • Resource 10 39712,73 (24243)
  • Financial and Industrial 30 68788,28 (-23394)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.