Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aftrede
Nog geen nuus oor bonus vir Transnet-oues

Die hoop op ’n 15%-bonus vir vanjaar vir Transnet se verarmende pensioenarisse begin taan, want geen bevestiging kon nog gekry word of die Transnet-direksie die versoek vir dié bonus goedgekeur het nie.

Transnet se direksie het geen aankondiging gedoen oor vanjaar se bonus aan pensioentrekkers nie.

Transnet het met die publikasie hiervan nog nie op navrae oor die aangeleentheid reageer nie.

Naas Rossouw, komiteelid van die Transnet Pensioenaris-aksiegroep, het by navraag laat weet hy het self regstreeks navraag gedoen by die Transnet-pensioenfonds, maar kon ook nie ’n antwoord daaroor kry nie.

Dit blyk die nuwe direksie van Transnet, wat op Woensdag 5 September ’n spesiale vergadering gehou het nadat die geskeduleerde direksievergadering van 31 Augustus uitgestel is, het meer gefokus op ander dringende sake wat hulle tans besig hou.

Dit sluit in die skorsing van topamptenare weens hul beweerde betrokkenheid by die omstrede lokomotiefkontrak van meer as R50 miljard wat in 2014 met China South Rail aangegaan is.

Na verneem word het die direksie wel ook die moontlike skikking met pensioenarisse in die groepsgeding teen Transnet en sy pensioenfondse bespreek.

Transnet se pensioenfondse verhoog sedert die vroeë 2000’s pensioenarisse se pensioenuitbetalings met net 2% per jaar weens ’n geldtekort. Omdat die fondse sedertdien in ’n mate finansieel herstel het, kon Transnet sedert 2009 van tyd tot tyd ad hoc bonusse aan die pensioenarisse uitbetaal.

Dié bonusse het die afgelope paar jaar gewoonlik 10% bedra en is gewoonlik in November betaal. Vanjaar het die pensioenfondstrustees gevra vir ’n bonus van 15%.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 1067,41 (3106)
  • Top 40 50659,45 (-32770)
  • All Share 56882,74 (-28151)
  • Resource 10 44620,89 (88898)
  • Financial and Industrial 30 75197,76 (-120859)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.