Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aftrede
OBK-hoof: Nene wil nie só ingryp
Nhlanhla Nene, minister van finansies. Foto: Argief

Nhlanhla Nene, minister van finansies, staan ’n hofaansoek teen dat hy die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) se uitvoerende hoof onmiddellik skors.

Volgens Nene word bewerings van probleme met korporatiewe beheer by die OBK, wat die pensioenfonds vir staatsamptenare (GEPF) se geld belê, reeds ondersoek.

Die United Democratic Movement (UDM) het die hofaansoek op 15 Junie gebring dat Nene dr. Dan Matjila dadelik skors.

Die UDM het ook gevra dat die OBK se direksie van sy mag gestroop word om Matjila te verwyder of dissiplinêr te verhoor, en dat dié mag aan Nene oorgedra word.

Dit kom ná herhaalde bewerings dat Matjila die OBK se geld gebruik het om die onderneming van sy vriendin te ondersteun. Matjila hou vol hy is onskuldig.

In die beëdigde verklaring waarin hy op die hofaansoek antwoord, sê Nene indien so ’n hofaansoek toegestaan word, sal dit die beginsel van die skeiding tussen magte (uitvoerend en regterlik) oortree. Hy sê hy is nou betrokke by gesprekke met “veelvuldige belanghebbendes” oor die bestuursprobleme by die OBK.

Die OBK bestuur nagenoeg R1 900 miljard se bates. – Bloomberg

Meer oor:  Gepf  |  Udm  |  Obk  |  Nhlanhla Nene  |  Dan Matjila  |  Pensioenfonds  |  Tesourie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 1036,35 (-1197)
  • Top 40 50987,15 (58996)
  • All Share 57164,25 (61745)
  • Resource 10 43731,91 (12908)
  • Financial and Industrial 30 76406,35 (116772)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.