Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aftrede
OBK: Nene belowe optrede - dié week nog

Daadwerklike stappe word deur Nhlanhla Nene, minister van finansies, beloof om die beweerde probleme met korporatiewe bestuur by die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) en die aantygings teen die uitvoerende hoof, dr. Dan Matjila, te takel.

  

Nhlanhla Nene, minister van finansies.

Nene het in ’n verklaring belowe die aankondiging kom later vandeesweek, sodra hy met die OBK se direksie vergader het.

Volgens hom het hy die nagaan van die dokumente en bewyse wat aan hom gelewer is oor die probleme by die OBK, asook oor die aantygings teen Matjila, afgehandel.

Volgens Nene het hy die voorsitter van die OBK se direksie op 14 Mei gevra vir die direksie se gedetailleerde reaksie, insluitende die relevante dokumente, oor die bewerings wat in ’n sekere mediaberig teen Matjila gemaak is, sowel as die interne oudit- en ander verslae wat met die bewerings verband hou.

Hy wou ook weet wat die direksie se mening is oor moontlike tugstappe teen Matjila en ander bestuurslede van die OBK.

Matjila is sedert September onder skoot oor bewerings dat hy ’n lening aan sy meisie, Pretty Louw, sou bewimpel het. Mobile Satellite Technologies (MST), wat na bewering met Louw verbind kan word, het R21 miljoen van die OBK ontvang.

Matjila ontken enige ongerymdhede daarmee. Hy het destyds gesê hy is die slagoffer van ’n komplot om van hom ontslae te raak sodat staatskapers hul hande op die OBK se koffers kan kry. Die direksie het hul volle steun aan Matjila toegesê en gesê hy is ná ’n ondersoek van alle blaam onthef.

Rapport het Sondag berig Mondli Gungubele, adjunkminister van finansies wat in Mei oorgeneem het as OBK-voorsitter, weerspreek nou die direksie in hofstukke. Hy antwoord daarin op ’n dringende aansoek van die UDM om Matjila te skors. In die hofstukke sê hy sy kollegas op die direksie is nie onafhanklik of objektief genoeg om die bewerings van korrupsie te ondersoek nie.

My benadering tot die toesig oor staatsbeheerde entiteite is dat die ministerie wat die aandeelhouer (die staat) verteenwoordig, moet verseker dat ’n direksie en bestuur met die nodige vaardighede en ervaring aangestel word.
Nhlanhla Nene

“Gegewe die bevindings, asook ander onlangse verwikkelings, gaan ek daadwerklike stappe voor die einde van die week aankondig wat nodig is om die probleme met die korporatiewe bestuur en bewerings teen die uitvoerende hoof te pak,” het Nene in ’n verklaring gesê.

Hy sê hy is bewus daarvan dat daar mense is wat meen hy het te lank geneem om die bewerings te ondersoek. “Maar die behoefte aan deursigtigheid en aanspreeklikheid moet gebalanseer word met die vereiste om die regte proses te volg.

“My benadering tot die toesig oor staatsbeheerde entiteite is dat die ministerie wat die aandeelhouer (die staat) verteenwoordig, moet verseker dat ’n direksie en bestuur met die nodige vaardighede en ervaring aangestel word, en dat die betrokke ministerie sy verwagtinge aan die direksie oordra (deur middel van ’n aandeelhouersooreenkoms).

“Sodra dit gedoen is, en die onderneming voldoen aan die verwagtinge, het die ministerie geen rede om agterna kritiek oor besluite van die direksie uit te spreek nie, solank as wat die besluite ingevolge die mandaat van die openbare instelling en ingevolge die ooreenkoms met die direksie is.

“Indien die direksie en bestuur nie aan die verwagtinge voldoen nie, moet die ministerie op die regte wyse ingryp, en die regte proses volg.”

Nene glo die maatstawwe wat hy vandeesweek gaan aankondig, sal die OBK se korporatiewe bestuur versterk en die openbare vertroue in die instelling herstel.

Die aansoek van die UDM word teëgestaan deur Nene, asook Matjila.

Gungubele staan nie die aansoek teen nie, maar het gesê hy kan nie met ’n skoon gewete sê alles by die OBK is pluis nie, het Rapport berig.

Meer oor:  Dan Matjila  |  Nhlanhla Nene  |  Aftrede  |  Obk  |  Beleggings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 1036,35 (-1197)
  • Top 40 50987,15 (58996)
  • All Share 57164,25 (61745)
  • Resource 10 43731,91 (12908)
  • Financial and Industrial 30 76406,35 (116772)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.