Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aftrede
OBK-wet Donderdag voor parlement

Wetswysigings wat groter deursigtigheid bepaal oor hoe staatsamptenare se aftreegeld bestuur word en wie daaroor besluit, word in die week wat kom deur die parlement oorweeg.

Maar die parlement se staande komitee oor finansies waarsku as die wetsontwerpe nie voor die einde van die huidige parlementsitting afgehandel word nie, sal dit verval en sal die nuwe komitee ná die verkiesing besluit of hy wil voortgaan daarmee.

OBK-kommissie
Die embleem van die kommissie van ondersoek na ongerymdhede by die Openbare Beleggingskorporasie.

Die parlement het Sondag aangedui die Wysigingswetsontwerp oor die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) sal Donderdag deur die nasionale vergadering oorweeg word.

Die wetsontwerp spruit uit ’n besluit van die staande komitee oor finansies in Oktober 2017 om wysigings aan die wetgewing oor die OBK aan te bring in reaksie op die verskeie bewerings oor bedenklike beleggingsbesluite van die OBK.

David Maynier, DA-lid van die komitee en die DA se woordvoerder oor finansies, het in Januarie verlede jaar die komitee voorgespring en ’n privateledewetsontwerp ingedien om die manier waarop die OBK se voorsitter en direkteure aangewys word, te verander, asook om meer gereelde en deursigtige oorsig van die OBK se beleggingsbesluite en veral sy ongenoteerde beleggings te verseker.

Die komitee, wat deur ’n ANC-meerderheid beheer word, het in Junie verlede jaar toestemming van die Nasionale Vergadering gekry om die komitee se eie wetsontwerp oor dieselfde kwessie in te dien.

In ’n verslag aan die parlement die afgelope week het die komitee gesê gesprekke is met Maynier gevoer om sy privateledewetsontwerp met die komitee se wetsontwerp saam te smelt omdat heelwat aspekte oorvleuel, maar ’n ooreenkoms kon nie bereik word nie en die komitee het toe besluit om sowel Maynier as die komitee se wetsontwerpe gelyktydig te verwerk.

 david maynier, DA
David Maynier, DA-woordvoerder oor finansies en lid van die staande komitee oor finansies. Foto: defenceWeb

Die wetswysigings stel voor die minister van finansies moet tien nie-uitvoerende direkteure vir die OBK aanstel, waarvan een ’n verteenwoordiger van die nasionale tesourie moet wees, twee moet die grootste kliënt van die OBK (dus die staatspensioenfonds) verteenwoordig, en daar moet een verteenwoordiger wees van elke kliënt waarvan die OBK minstens 10% van sy bates hou.

Daar moet ook twee verteenwoordigers van die grootste vakbond van lede van die staatspensioenfonds wees en een verteenwoordiger van ’n ander vakbond.

Daarby moet die minister van finansies die adjunkminister van finansies of, in raadpleging met die kabinet, enige ander adjunkminister in die ekonomiese groepering van die kabinet as voorsitter van die OBK-direksie aanwys.

Hier verskil Maynier se privateledewetsontwerp van die komiteewetsontwerp want Maynier stel voor die parlement moet ’n openbare nominasieproses volg om aan die minister iemand aan te beveel as voorsitter van die OBK-direksie.

Die wetswysigings vra dat die minister jaarliks oor al die beleggings van die OBK verslag moet doen, asook oor versoeke van die OBK vir goedkeuring vir sekere wesenlike transaksies ingevolge die Wet op die Bestuur van Openbare Finansies.

Volgens die komitee het hy lank gegis of hy eers moet wag vir die Mpati-kommissie van ondersoek na die bewerings van ongerymdhede by die OBK voordat hy die nuwe wetswysigings hanteer, maar daar is besluit om deur te druk weens die beperkte tyd.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 1696,12 (1139)
  • Top 40 49161,52 (-63090)
  • All Share 55367,1 (-74038)
  • Resource 10 46020,61 (-62337)
  • Financial and Industrial 30 72066,11 (-96122)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.