Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aftrede
Ouetehuise moet wéér deure vir besoekers sluit

Ouetehuise moet ingevolge die aangepaste vlak 3-inperking wéér hul deure vir besoekers sluit om die inwoners teen die koronavirus te beskerm.

oud, bejaarde, pensioen
Die koronavirus versprei weer vinnig in sekere ouetehuise in die Wes-Kaap.

Die regulasies verbied besoekers aan verskeie instellings, insluitende tronke en gesondheidsfasiliteite (behalwe vir behandeling of medikasie) asook ouetehuise ingevolge die vlak 3-inperking wat veronderstel is om tot 15 Januarie te duur.

Besoekers is ook vroeër die jaar verbied en is eers van middel Augustus, toe vlak 2 ingestel is, weer onder streng reëls toegelaat.

Die Wes-Kaapse departement van maatskaplike ontwikkeling het in ’n skrywe ouetehuis ingelig dat besoekers nou verbied word.

Die regulasies is van toepassing op alle ouer persone se residensiële fasiliteite (ouetehuise).

Hulle is gemaan dat die tweede golf van infeksies ernstiger is as die eerste een en dat daar ’n drastiese toename in infeksies sedert begin Desember by dié tehuise ervaar is.

Ook in ander dele van die land is ouer inwoners – ook van sekere aftreeoorde – ingelig dat besoekers verbied word.

Aftreeoorde met wooneenhede wat verkoop is of met lewenslange regte, val onder die Wet op Behuisingsontwikkelingskemas vir Afgetredenes, wat deur die departement van handel en nywerheid geadministreer word.

Die direksies en bestuur van dié aftreeoorde besluit dus self oor die beperkings, maar moet as ondernemings protokol en veiligheidsmaatreëls in plek hê wat op die inwoners en/of besoekers van toepassing is.

Die Koraal-aftreeoord in Polokwane het sy inwoners ingelig dat alle besoekers verbied word en dat daar vanaf 31 Desember ook nie huiswerkers en tuinwerkers toegelaat sal word nie.

Sorgsentrum vir verswaktes en onafhanklike en ondersteunde woongeriewe word onder residensiële fasiliteite ingesluit ingevolge die regulasies, omdat hulle ingevolge die wet gereguleer word wat deur die departement van maatskaplike ontwikkeling geadministreer word.

Sommige ouetehuise en aftreeoorde het eers op vlak 1 van die inperking vir besoekers heropen.

Meer oor:  Pandemie  |  Ouetehuise  |  Inperking  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.