Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aftrede
‘Pensioen tot 14% minder’ weens dié plan
business, savings, annuity insurance, age and peop
Moenie wag tot die dag dat jy moet aftree om besluite oor jou geld te neem nie. Foto: iStock

’n Lid van ’n vastebydrae-pensioenfonds se pensioen kan tot 14% minder van sy salaris voor aftrede wees as die fonds gedwing word om in voorgeskrewe bates soos effekte van munisipaliteite en staatsbeheerde ondernemings (SBO’s) te belê wat nie die beste moontlike opbrengs lewer nie, waarsku kenners van die batebestuurder Alexander Forbes Investments.

Om vir dié verlore inkomste te vergoed, sal ’n werknemer jaarliks ’n bykomende 3,5% van sy salaris tot die fonds moet bydra, reken hulle.

Die syfers hang af van die bydrae-tydperk en aftreeouderdom, maar die berekening is gedoen op ’n 14%-bydraekoers van iemand wat op 25 jaar by die fonds aansluit en op 65 aftree.

Janina Slawski, hoofbeleggingskonsultant by Alexander Forbes Investments, sê as lede van vastebydraefondse net altesaam 1% minder per jaar op hul bates verdien, sal hulle veel minder geld by aftrede hê weens die potensiële swakker prestasie van voorgeskrewe bates vergeleke met ’n gediversifiseerde portefeulje met groot blootstelling aan aandele volgens keuse.

Vir vastevoordeelfondse (soos die staatsdienspensioenfonds, wat voordele waarborg), beteken swakker beleggingsopbrengste laer befondsingsvlakke, sê sy.

Dít sal hoër bydraes van die werkgewer (dus die regering en uiteindelik die belastingbetaler) vereis, of laer voordele vir lede beteken.

Beleggingskenners van Alexander Forbes meen daar is kapitaal beskikbaar vir belegging in ontwikkelings­bates en dit sal belê word as die regte geleenthede en aansporings deur die regering beskikbaar is, sonder om instansies te dwing.

Vir vastevoordeelfondse (soos die staatsdienspensioenfonds, wat voordele waarborg), beteken swakker beleggingsopbrengste laer befondsingsvlakke.

Slawski sê lede van pensioen- en voorsorgfondse is só besorg oor die negatiewe uitwerking sou voorgeskrewe bates ’n werklikheid word, dat hulle wil weet hoe hulle hul geld uit die pensioenfonds kan kry of hul bydraes kan verminder.

“Baie lede meen die belastingvoordeel op dié bydraes is nie die moeite werd as hul beleggingsopbrengs swak is nie. Hulle wil eerder hul geld ná belasting vat en belê sonder enige beperking. Dis skrikwekkende gesprekke, want pensioenfondse is juis daar om werkers se geld te beskerm.”

Mense se vrese dat die regering aan hul neseier gaan peuter om inklusiewe ekonomiese groei te bevorder, het sowat twee weke gelede opnuut opgevlam tot Ebrahim Patel, minister van handel en nywerheid, op ’n konferensie gesê het aftreefondse kan ’n rol speel in die land se ontwikkeling deur beleggings in “reële bates”.

Sidwell Medupe, Patel se woordvoerder, het toe aan Rapport verduidelik die minister het bedoel “direkte beleggings in die produktiewe ekonomie anders as aandele en effekte”.

Leon Campher, uitvoerende hoof van die Vereniging vir Spaar en Belegging in Suid-Afrika (Asisa), sê die vereniging se lede bestuur sowat R7 800 miljard van Suid-Afrikaners se spaar- en beleggingsfondse. Asisa is gekant teen voorgeskrewe bates, onder meer omdat gewone Suid-Afrikaners se spaargeld in entiteite belê sal moet word wat by staatskaping betrek is en wat swak diens lewer.

Slawski sê die ANC se verwysing in die verkiesingsmanifes na beleggings vir maatskaplike en ekonomiese ontwikkeling en werkskepping is bemoedigend, maar nié die feit dat beleggings na munisipaliteite en SBO’s – soos Eskom, Transnet en Sanral – gedwing sal kan word nie.

Volgens Dave Moore, hoof van alternatiewe beleggings, is die regering se program vir onafhanklike groenkragverskaffers (REIPPP) ’n voorbeeld van ’n projek wat ’n goeie opbrengs beloof en dus beleggings lok. Die projek het binne agt jaar ’n beloofde R209 miljard in belegging uit die private sektor gelok, sowat 38 000 poste is geskep en plaaslike gemeenskappe het baat gevind by R1 miljard wat onafhanklike kragprodusente aan onderwys bestee het.

Campher sê Asisa-lede het reeds sowat R1 300 miljard ontplooi ter ondersteuning van die regering, plaaslike owerhede en SBO’s.

“Die probleem is lewensvatbare projekte, nie kapitaalmarkte se onbereidwilligheid om te belê nie.”

Slawski sê heelwat beleggers is versigtig om in ongenoteerde beleggings te belê, deels omdat hulle likiditeit nodig het. Die JSE se genoteerde groen­effekte en infrastruktuur-effekte is dus ’n welkome ontwikkeling.

Isaah Mhlanga, uitvoerende hoofekonoom van Alexander Forbes Investments, sê voorgeskrewe bates word nog net op partypolitieke vlak bespreek, maar die ANC is tog die regerende party.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2260,51 (7457)
  • Top 40 50341,63 (26385)
  • All Share 56406,88 (28305)
  • Resource 10 44220,72 (46209)
  • Financial and Industrial 30 76382,91 (30380)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.