Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aftrede
Só lyk nuwe skikking wat Transnet-fondse oorweeg

Die raad van trustees van Transnet se pensioenfondse gaan op Donderdag 20 Junie ’n stel voorstelle oor ’n skikking oorweeg wat tussen die regspanne van Transnet en sy pensioenarisse beding is.

Die prokureursfirma Geyser & Coetzee het die naweek die voorstelle vervat in ’n gesamentlike memorandum deur die regspanne bekend gemaak.

Dit sluit in dat Transnet-pensioenarisse:

  • vanjaar ’n verhoging van 13% kry binne 60 dae nadat die skikking deur ’n hofbevel bekragtig word;
  • in 2020 ’n verdere verhoging van 9% op die herdenking van elke pensioenaris se aftreedatum kry;
  • in 2021 ’n verdere verhoging van 6% op die herdenking van elke pensioenaris se aftreedatum ontvang;
  • vanjaar ’n bonus van R10 000 kry binne 60 dae nadat die skikking deur die hof bekragtig is;
  • in 2020 nog ’n bonus van R10 000 kry op die datum waarop die skikking bekragtig is; en
  • in 2021 nog ’n bonus van R10 000 kry op die datum waarop die skikking bekragtig is.

Die gewaarborgde pensioen sal ná die bogenoemde verhogings 90,9% van die pensioen bedra wat pensioenarisse sou gehad het as Transnet sy beloftes in 1990 nagekom het, het die prokureursfirma gesê.

PRETORIA, SOUTH AFRICA â?? MARCH 30: Former Transn
Afgetrede Transnet-werknemers ’n paar jaar gelede op ’n betoging na die Uniegebou. Foto: Herman Verwey

Tesame met die bonusse sal dit 98,85% daarvan bedra. ’n Ekstra voordeel is dat die bonusse, volgens Geyser & Coetzee, nie ’n impak op van die armste pensioenarisse se kwalifisering vir die staat se ouderdomspensioen sal hê nie.

Van 2022 af sal pensioenarisse jaarlikse verhogings van 70% van inflasie kry, hoewel dit nie gewaarborg is nie. As geld in die fondse beskikbaar is, sal pensioenarisse verhogings van meer as 70% van inflasie kry.

Transnet se voorwaarde vir dié skikking is dat sy Tweedevastevoordeelfonds en die Transnet-subfonds van die Vervoerpensioenfonds in ’n enkele aftreefinansieringsvoertuig gekonsolideer moet word. Dit is om die ekonomiese lewensvatbaarheid van die skikking moontlik te maak.

Die trustees van albei die pensioenfondse sal nou moet besluit of die skikking bekostig kan word.

’n Vorige skikkingsaanbod van Transnet is deur die pensioenarisse van die hand gewys, en hulle het besluit om voort te gaan met die groepeis wat op 7 Oktober in die hooggeregshof in Pretoria sou dien.

Ingevolge die jongste skikkingsvoorstel sal sowat R3 miljard oor die volgende drie jaar na Transnet-pensioenarisse terugvloei.

Geyser & Coetzee wys daarop dat daar teen Maart 2001 net meer as 100 000 pensioenarisse was wat voordele uit die Tweedevastevoordeelfonds ontvang het. Teen Maart verlede jaar het hul getalle tot onder 50 000 gedaal.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2108,36 (4736)
  • Top 40 52107,18 (37382)
  • All Share 58248,73 (37621)
  • Resource 10 46948,1 (58001)
  • Financial and Industrial 30 77928,13 (37579)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.