Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aftrede
Pensioenfondse ‘sal grondwethof toe’ oor ANC-plan

Die ANC se plan met private pensioenfondsgeld gaan veroorsaak dat mense onmiddellik minder spaar en gaan in die konstitusionele hof eindig.

Leon Campher, uitvoerende hoof van die vereniging vir spaar en belegging in Suid-Afrika (Asisa), sê die konsep van voorgeskrewe bates wat die ANC die naweek in sy verkiesingsmanifes gesê het ondersoek gaan word, sal die bedryf dwing om die spaargeld van gewone Suid-Afrikaners te belê in entiteite wat met staatskaping en ’n gebrek aan dienslewering verbind word. “Dit gaan die mark dwing om in projekte met ’n lae opbrengs en ’n hoë risiko te belê. As bewaarders van pensioenfondsgeld moet ons dit teenstaan.”

Pensioenfondslede wat die afgelope jaar moes toesien hoe hul aftreegeld krimp, het vroeg in 2019 nog 'n skok gekry met die ANC se plan met pensioene.

Die ANC het die naweek in sy verkiesingsmanifes gesê hy gaan ondersoek instel na voorgeskrewe bates vir pensioenfondse om dié geld “te mobiliseer vir beleggings in onder meer behuising, infrastruktuur vir sosio-ekonomiese ontwikkeling en township-ekonomieë”.

Asisa se lede bestuur sowat R7 800 miljard van Suid-Afrikaners se spaargeld.

Andrew Canter, beleggingshoof van die batebestuurder Futuregrowth, ’n groot belegger in die skuldbriewe van staatsondernemings, sê as die regering aan pensioenfondse wil voorskryf in watter bates hulle moet belê, sal dit in die konstitusionele hof draai omdat dit ’n eiendomsreg is wat deur sulke voorskrifte ondermyn gaan word en omdat dit mense se vermoë om ’n opbrengs te verdien gaan beïnvloed.

“Dit is ’n dom idee wat elke paar jaar kop uitsteek asof hierdie geld nie aan enigiemand behoort nie. Maar dit is werkers se pensioengeld.”

Dit is ’n dom idee wat elke paar jaar kop uitsteek asof hierdie geld nie aan enigiemand behoort nie. Maar dit is werkers se pensioengeld.
Canter

Canter sê Suid-Afrika het ’n baie gesofistikeerde pensioenfondsbedryf. “Al wat dit gaan doen, is om die vertroue van die mense wat spaar vir ’n pensioen te ondermyn omdat die regering hul opbrengs gaan vat. Dit is ’n vorm van belasting.”

“Mense gaan onmiddellik minder spaar en vertroue in pensioenfondse en kapitaalmarkte gaan taan.”

Leon Campher, uitvoerende hoof van die Vereniging vir Spaar en Belegging in Suid-Afrika (Asisa).

Canter meen dié voorgeskrewe bates gaan waarskynlik deur Regulasie 28 van die Pensioenfondswet beheer word. Dit bepaal hoeveel pensioenfondse in sekere bateklasse soos aandele en skuldbriewe mag belê.

Regulasie 28 kan gewysig word om ’n sekere persentasie in te sluit wat in voorgeskrewe bates belê moet word. Die regulasie sal dan ook ’n aanhangsel kry wat die lys van bates verskaf.

Canter sê die groot vraag is wat die voorgeskrewe bates gaan wees en of dit aanvaarbare beleggings gaan wees. Hy meen dit sal beleggings soos die SAUK of Denel insluit wat sukkel om geld te kry van beleggers in teenstelling met dié wat nie sukkel om geld te kry nie. “Want hoekom sal hulle die moeite doen om dit af te dwing? Wie weet wat dit gaan wees? Dit gaan ’n politieke speelbal word om op die lys te kom.”

Hy sê die plan is gegrond op die aanname dat pensioenfondse nie ontwikkeling finansier nie. Daarteenoor is pensioenfondse van die grootste beleggers in munisipale en staatseffekte en staatsondernemings. “Institusionele beleggers finansier reeds ontwikkeling en doen dit sonder klagtes, maar op geskikte wyse in ’n geskikte risiko-raamwerk. Dít is belangrik sodat daar seker gemaak word geld word nie aan die verkeerde mense gegee nie.”

Mense gaan onmiddellik minder spaar en vertroue in pensioenfondse en kapitaalmarkte gaan taan.
Canter

Asisa se lede het reeds R1 300 miljard wat in die staat, plaaslike regerings en staatsondernemings belê is. Die bedryf het ook regstreekse beleggings van nagenoeg R200 miljard in projekte wat met hernubare energie, die ontwikkeling van townships, bekostigbare behuising, stedelike hernuwing, studentebehuising, water, paaie en opkomende landbou verband hou.

Volgens Asisa gaan voorgeskrewe bates ook ’n negatiewe invloed op die land se kredietgradering hê.

Andrew Canter, beleggingshoof van Futuregrowth.

“As Suid-Afrika sy beleggingsgradering verloor, gaan buitelandse beleggers – insluitende baie buitelandse pensioenfondse – gedwing word om hul geld uit die land te onttrek. Dit is iets wat die land nie kan bekostig nie.”

Campher sê die bedryf het reeds breedvoerig met verskeie belangepartye geskakel oor die potensiële invloed van voorgeskrewe bates. Dit sluit in ministers wat vir infrastruktuurontwikkeling verantwoordelik is.

Hy meen as voorgeskrewe bates nou weer ter sprake is, sal die gesprekke konstruktief wees. Omdat Asisa se lede soveel geld bestuur, word die vereniging as ’n belangrike vennoot by die onderhandelingstafel beskou.

“Die probleem is nie ’n gebrek aan bereidwilligheid van die kapitaalmark om te belê nie, maar ons het lewensvatbare projekte nodig.”

Meer oor:  Asisa  |  Anc  |  Futuregrowth  |  Pensioenfondse  |  Beleggings  |  Pensioene
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.