Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aftrede
Selfs ná aftrede moet jy oorsee belê

Buitelandse bates as deel van ’n gediversifiseerde portefeulje word alom aanbeveel. Die beleggingsbedryf val ook die afgelope paar jaar oor sy voete om buitelandse beleggingsopsies aan Suid-Afrikaners te bied.

Evan Walker van 36One Asset Management.

Maar hoe gaan ’n mens te werk om buitelandse beleggings by jou aftreeportefeulje te voeg? En moet iemand wat vir sy pensioen in rande moet spaar hoegenaamd probeer om in die buiteland te belê?

Dit is van die kwelvrae wat by Volksblad, Jenwil BlouSter Finansiële Adviesdienste, Sanlam en Radio Rosestad se Aftreekongres op 16 Augustus in Bloemfontein bespreek word.

“Ons moet onthou tot 70% van die JSE se huishoudelike verdienste is eintlik buitelandse verdienste. So dit is ’n vertrekpunt,” sê Evan Walker, portefeuljebestuurder van 36One Asset Managers, een van die deelnemers aan die Aftreekongres.

Dié randverskansers sluit in Naspers, British American Tobacco, Richemont en Aspen, en deesdae ook Anheuser-Busch InBev.

“Afgesien van die geld wat mense in plaaslike randverskansers of in die plaaslike mark het, beveel ons steeds aan dat beleggers na ander wêreldmarkte diversifiseer,” sê Walker.

Hy wys daarop dat die Suid-Afrikaanse beleggingsmark minder as 1% van die wêreldwye beleggingsmark uitmaak. Dit is dus nie wys om 100% van jou kapitaal aan net 1% van die wêreld se beleggingsgeleenthede bloot te stel nie.

Daarby beleef Suid-Afrika tans lae groei vergeleke met ander markte.

Volgens Walker kyk sy maatskappy tans veral na beleggingsgeleenthede in die VSA.

“Die opbrengste in die VSA is tans aantrekliker as in ander markte soos die eurogebied, waar daar moontlike risiko’s om Brexit bestaan.”

Hy beveel ook aan dat beleggers nou die maksimum toegelate buitelandse blootstelling kry wat hulle kan, dus die volle 30% wat aftreeprodukte sedert vanjaar in die buiteland mag belê.

Dit moet egter deel van ’n weldeurdagte strategie wees en ’n mens moet jou oog op die lang termyn hou.

Volg jou strategie “deur dik en dun,” waarsku Walker.

“Ons probeer nie die rand speel nie. Ons steur ons nie aan politieke swaaie op kort termyn nie. Ons vermy die uiterstes en hou net by ons strategie.”

  • Die Aftreekongres word op 16 Augustus om 17:00 by Summerwood Country Estate buite Bloemfontein gehou. Toegang is gratis, maar besprekings is noodsaaklik. Bel Caren Eigelaar van Jenwil BlouSter by 051 447 0463 of stuur ’n e-pos na office@jenwil.co.za om te bespreek.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 1036,35 (-1197)
  • Top 40 50987,15 (58996)
  • All Share 57164,25 (61745)
  • Resource 10 43731,91 (12908)
  • Financial and Industrial 30 76406,35 (116772)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.