Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aftrede
Skikking wink met Transnet-bejaardes
Adv. Anton Alberts van die VF Plus glo ’n skikking met pensioentrekkers is in Transnet se belang.

Transnet “lyk of hy gewillig is om te skik” in die hofgeding waarin sy pensioenarisse nou al sowat R100 miljard van die staatsvervoergroep wil eis, het Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, vandeesweek in die parlement gesê.

Gordhan het Dinsdagaand egter in sy repliek in sy begrotingsposdebat beklemtoon dat die saak nog sub judice is. Hy het hom wel bereid verklaar om die partye byeen te bring en te praat oor ’n moontlike skikking.

’n Evaluasie moet egter gedoen word oor waarop pensioenarisse werklik geregtig is en wat “realisties” is teenoor wat hulle tans eis, het hy gesê.

Die groepeis van die pensioenarisse gaan oor die 2%-verhoging per jaar wat hulle oor die afgelope byna twee dekades ontvang weens, wat hulle beweer, beloftes van die Transnet-bestuur wat nooit nagekom is nie, tesame met swak beleggingsbesluite wat twee Transnet-pensioenfondse in ’n geldknyp geplaas het.

Adv. Anton Alberts, die VF Plus-voorsitter en parlementêre woordvoerder oor openbare ondernemings, het Gordhan in die begrotingsposdebat daarop gewys dat die konstitusionele hof bevind het dat die pensioenarisse ’n redelike vooruitsig op sukses in hul saak het, en as Transnet verloor en daar nie ’n skikking is nie, kan dit ’n sneeubal-effek van ineenstorting van kredietgraderings in alle staatsentiteite tot gevolg hê.

Volgens Alberts is die Gupta-verwante Regiments Capital wat as fondsbestuurder vir die twee sukkelende Transnet-pensioenfondse aangestel is, strydig met die Wet op die Voorkeurverkrygingsraamwerk aangestel.

Regiments Capital is onlangs skielik as fondsbestuurder verwyder toe hy betrap is dat hy ’n renteruiltransaksie met Transnet as teenparty wou beklink. Dit sou die Transnet-tweedevastevoordeelfonds blootstel aan ’n transaksie wat die hele fonds kon uitwis, het Alberts gewaarsku.

Hy het gevra dat Gordhan dié ongerymdhede laat ondersoek.

Volgens Alberts is ’n verslag oor dié onreëlmatighede aan die Valke se korrupsie-afdeling voorgelê.

Transnet wou vroeër nie kommentaar lewer oor gissings dat hy ’n skikking met die pensioenarisse oorweeg nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 1154,3 (-165)
  • Top 40 47272,6 (122225)
  • All Share 53473,11 (124378)
  • Resource 10 42037,81 (1959)
  • Financial and Industrial 30 70009,25 (252884)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.