Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aftrede
Staat se pensioenfonds toon kleinste groei in 10 jaar

Die bates van die Staatspensioenfonds (GEPF) het in sy boekjaar tot einde Maart van die vorige jaareinde af met net R17 miljard verhoog.

pensioenfonds, aftree
In die afgelope jaar tot einde Maart het 35 931 lede afgetree en 23 362 het bedank. Foto: Getty Images

Dit is die kleinste verhoging in die waarde van sy bates sedert 2009.

Die pensioenfonds is die grootste in Afrika en het 1,2 miljoen lede en 464 138 afgetredenes en afhanklikes.

Die markwaarde van die fonds se bates het einde Maart vanjaar R1 820 miljard beloop.

Sy jaarverslag vir die jongste boekjaar is Donderdag uitgereik.

’n Aanbieding op die bekendstelling van die jaarverslag het getoon dat die waarde van die fonds se beleggingsportefeulje het die afgelope tien jaar as volg van die vorige jaar af gegroei:

  • 2018: R138 miljard
  • 2017: R26 miljard
  • 2016: R41 miljard
  • 2015 R174 miljard
  • 2014: R185 miljard
  • 2013: R202 miljard
  • 2012: R125 miljard
  • 2011: R113 miljard
  • 2010: R176 miljard

Die GEPF se beleggings het ’n gemiddelde opbrengs van 2,6% gelewer gegrond op die netto beleggingsinkomste van R47 miljard wat ontvang is.

gepf

Dit is ook die laagste sedert 2009 met die finansiële krisis toe die gemiddelde beleggingsopbrengs van sy beleggings gedaal het.

Die GEPF het egter in ’n mediaverklaring gesê die groei is beter as sy maatstaf wat met 2,3% gestyg het. Dit is toegeskryf aan ’n doelbewuste oorgewig posisie in hulpbronaandele vergeleke met die maatstaf. Die fonds het dus ’n groter voordeel gekry uit die verbetering in hulpbronpryse as wat sy maatstaf gekry het.

Die GEPF meen ook die opbrengs is bevredigend indien dit vergelyk word met die gesamentlike groei van die top-300- pensioenfondse in die wêreld se bates onder bestuur van net 0,4% in 2018.

Die opbrengs is egter ver onder sy gemiddelde 11% waarteen dit jaarliks van 2009 tot 2019 gegroei het.

“Die resultate op lang termyn is hoofsaaklik veroorsaak deur die vertoning van die plaaslike aandele- en effektemark wat gunstig was.

“Hierdie finansiële resultate toon weer hoe afhanklik die fonds se vertoning is van wat in die land se ekonomie gebeur. As die GEPF die afhanklikheid wil aanpak, moet hy verder diversifiseer en sy oorsese beleggings verhoog,” lui ’n verklaring.

Sy geld was teen die einde van die boekjaar as volg belê:

  • R962,9 miljard in genoteerde aandele. Die belegging het in die jaar met sowat R7 miljard of met 1% gedaal. Dit is weens die daling in aandeelpryse.
  • R551,8 miljard in plaaslike skuldbriewe en staatseffekte. Die beleggings het met R11,2 miljard of 2% oor dieselfde rede gedaal.
  • Sy beleggings in ongenoteerde aandele plaaslik het met R125 miljoen tot R50,8 miljard gestyg. Dit word nie as ’n wesenlike styging beskryf nie.
  • Die beleggings in buitelandse kollektiewe beleggingskemas het met 10% gestyg. Dit is onder meer toegeskryf aan beleggings wat deur nuwe batebestuurders gemaak is.

Die grootste deel van die GEPF se bates word deur die staat se batebestuurder, die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) bestuur, maar bates word ook aan ander batebestuurders toegewys.

Die bydraes tot die GEPF het in die boekjaar met 7% van R70,4 miljard tot R75,1 miljard gestyg. Die styging is grootliks weens die jaarlikse salarisverhogings.

gepf

Dit is natuurlik die grootste bydrae die afgelope dekade en het dus ook tot die styging in die waarde van sy bates bygedra.

Die voordele wat uitbetaal is, het met R8 miljard van die vorige jaar af verhoog. Dit was grootliks weens die toename in pensioenbetalings. Die verhoging in pensioenbetalings is veroorsaak deur ’n verhoging van 5,5% vir pensioenarisse van April verlede jaar af en ’n 3%-verhoging in die aantal pensioenarisse.

Soveel het afgetree en bedank:

  • 35 931 lede het afgetree. Die eenmalige bedrae wat uitbetaal is, is R16 miljard, terwyl R45,6 miljard na annuïteite is.
  • 23 362 het bedank en R25,2 miljard se voordele is uitbetaal.
  • R4,8 miljard se sterftevoordele is met die afsterwe van lede uitbetaal.

Die finansiële koorspen van die pensioenfonds is egter hoeveel bates hy het om sy aanspreeklikhede te dek. Dit word op aktuariële berekeninge gegrond.

Hoe hoër die befondsingsvlak, hoe beter is die finansiële situasie. Die resultate van Maart 2018 het getoon dat sy bates sy aanspreeklikhede met 108% dek. ’n Nuwe berekening word nie getoon nie.

Moneyweb het verlede jaar berig dat dit van 2016 se 115,8% gedaal het.

Meer oor:  Gepf  |  Obk  |  Pensioenarisse  |  Jaarverslag  |  Pensioenfondse
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.