Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aftrede
Styging in pensioene: Dis goeie nuus én slegte nuus
Daar heers kommer onder ekonome omdat baie pensioentrekkers hul onttrekkingskoerse verhoog het.

Die gemiddelde pensioen wat in Suid-Afrikaanse bankrekeninge beland, het in Mei met die meeste in 11 maande, naamlik 10,1%, gestyg.

Pensioene het boonop vir die 27ste opeenvolgende maand met meer as die inflasiekoers gestyg. In Mei was die styging 5,5% bó inflasie.

Hoewel dit stewige stygings is, is die gemiddelde pensioen steeds minder as die helfte van die gemiddelde salaris in die formele sektor.

Volgens BankservAfrica se indeks van private pensioene is die gemiddelde pensioen nou R7 337 teenoor die gemiddelde Suid-Afrikaanse salaris ná aftrekkings van R15 344.

Lees ook: Mei se salarisse lyk beter – danksy verkiesing

Mike Schüssler van Economists.co.za, wat die indekse albei saamstel, sê verskeie faktore bepaal die skerp styging in pensioene. Van die faktore is kommerwekkend, ander nié.

Slegte nuus

Hy is bekommerd dat dit lyk asof baie pensioentrekkers hul onttrekkingskoerse verhoog het.

Schüssler sê as die styging in pensioene tussen 1% en 3% bo inflasie was (eerder as 5,5% bo inflasie), sou hy gemakliker gevoel het met die syfer. Hy is bekommerd daaroor dat mense onvolhoubare verhogings in hul pensioene het en dus oor ’n paar jaar hul leefstyl drasties sal moet inperk soos wat hul kapitaal uitloop.

Mense wat ná aftrede hul pensioengeld in beleggingsgekoppelde annuïteite belê, mag jaarliks hul onttrekkingskoers verander in ’n baie breë band van tussen 2,5% en 17,5%.

Hoe hoër die onttrekkingskoers, hoe gouer gaan die kapitaal opraak, na gelang van opbrengskoerse. Die Vereniging vir Spaar en Beleggings was die onttrekkingskoers in 2018 6,64%. Dis hoër as die 4% wat as volhoubaar beskou word in die lig daarvan dat mense al hoe ouer word.

Goeie nuus

Schüssler sê egter die styging in die BankservAfrica-indeks is nie nét weens hoër onttrekkingskoerse nie.

Soos wat meer mense op hoër salarisse aftree en bejaardes sterf wat 20, 30 jaar gelede op veel laer salarisse afgetree het, behoort die gemiddelde pensioen aan te hou styg.

Mense met gewaarborgde annuïteite en sekere vastevoordelefondse trek dalk nou voordeel uit batebestuursfirmas wat die afgelope ruk meer geld in rentedraende beleggings of oorsese aandele belê het en dus beter gevaar het as die plaaslike aandelebeurs.

Sowat ’n derde van die pensioene wat die indeks meet, is dié van staatsamptenare. In April het die staatspensioenfonds (GEPF) verhogings van 5,2% vir die jaar toegeken (teenoor inflasie van 4,4%).

Die GEPF is ’n vastevoordeelfonds, en pensioentrekkers word ’n styging van 75% van die inflasiekoers belowe. Verhogings was egter die afgelope paar jaar hoër as die inflasiekoers.

Nie alle vastevoordelefondse het wel beter as die inflasiekoers gevaar nie. Onlangs is berig Absa se pensioentrekkers het vanjaar géén verhoging ontvang nie omdat die fonds self geen opbrengs gehad het nie.

Lees ook: Dís waarom Absa-pensioen nie vanjaar styg

Wat mense betref wat self hul aftreegeld belê, reken Schüssler die feit dat baie pensioentrekkers konserwatiewe beleggers is met ’n groot deel van hul geld in rentedraende beleggings soos geldmarkfondse, beteken dat hul opbrengskoers hoër was as die inflasiekoers.

Indien die rentekoers verlaag word, kan dié posisie egter verander.

Talle ekonome verwag dat die Reserwebank middel Julie die rentekoers gaan verlaag.

Meer oor:  Mike Schüss­Ler  |  Geldsake  |  Pensioen  |  Pensioenfonds  |  Aftrede  |  Verhoging
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2260,51 (7457)
  • Top 40 50341,63 (26385)
  • All Share 56406,88 (28305)
  • Resource 10 44220,72 (46209)
  • Financial and Industrial 30 76382,91 (30380)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.