Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aftrede
‘Tesourie kyk nié nou na voorgeskrewe bates’

Die tesourie kyk tans glad nie daarna om vir pensioenfondse voor te skryf waar hulle hul geld moet belê nie.

Ishmail Momoniat, adjunkdirekteur-generaal van die tesourie.

“As die tesourie oorweeg ons definitief nie enige stelsel om voorgeskrewe bates in te stel nie,” sê Ismail Momoniat, adjunkdirekteur-generaal van finansies.

“Dit is die trustees van pensioenfondse wat moet besluit waar hul geld belê word.”

Hy het Maandag aan ’n paneelbespreking deelgeneem tydens die jaarlikse Belasting-indaba wat vanjaar aanlyn aangebied word.

Momoniat het op ’n vraag van Keith Engel, uitvoerende hoof van die Instituut vir Belastingpraktisyns (SAIT), gereageer wat gevra het wat die tesourie se mening oor dié kwessie is.

“Mense sien dat dit (pensioenfondse) ’n hoop geld is wat hulle in die hande kan kry,” het Engel die situasie beskryf.

Momoniat sê hy stem saam baie mense hoop dat pensioengeld potte geld is wat gebruik kan word.

Hy waarsku egter dat vae gesprekke oor voorgeskrewe bates baie vrees kan laat ontstaan, wat weer die gevolg kan hê dat mense óf hul geld uit pensioenfondse onttrek, óf dat hulle minder geld daarin sal belê.

Daar heers reeds vir ’n geruime tyd ’n hewige debat oor die voorstel dat die staat bates moet voorskryf waarin pensioenfondse hul geld moet belê.

Daar is veral kommer dat pensioenfondsgeld gebruik kan word om sukkelende staatsondernemings soos die Suid-Afrikaanse Lugdiens en Eskom of voorgeskrewe infrastruktuurprojekte te ondersteun.

“Jy moet kyk wat die probleem is wat mense wil oplos as hulle sê hulle wil voorgeskrewe bates hê,” sê Momoniat.

“Is dit omdat daar ’n gebrek aan staatsfinansiering is vir projekte, of wat is die probleem? Mense moet duidelikheid gee oor wat die probleem is, dan kan ons kyk wat die oplossings daarvoor kan wees.”

Momoniat sê daar word wel tans gekyk hoe regulasie 28 van die Pensioenfondswet dit duideliker kan stel oor hoe en waar fondse geld mag belê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.