Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aftrede
Transnet-fonds kry R639 m. terug van Gupta-firmas

Goeie nuus vir Transnet-pensioentrekkers is die R639 miljoen wat die Transnet-tweedevastevoordeelfonds uit ’n skikking met die Gupta-verwante Regiments Capital gekry het.

En daar is moontlik nog R200 miljoen wat na die fonds se kant kan kom.

Die pensioenfonds het Donderdagaand laat weet Regiments Capital en verwante partye het hom sowat R530 miljoen terugbetaal as deel van ’n skikkingsooreenkoms.

Dit spruit uit bedrieglike transaksies van Regiments met die fonds wat die fonds aanvanklik R825 miljoen laat verloor het.

Die totale waarde wat die fonds egter uit die skikking gekry het, is R639 miljoen, danksy 810 228 Capitec-aandele wat hy van Coral Lagoon, ’n filiaal van Regiments, gekoop het.

Volgens Moeti Kanyane Prokureurs, wat namens die fonds optree, het die fonds die aandele teen ’n markverwante prys gekoop op bepalings wat hom ’n ekstra sowat R100 miljoen in die sak gebring het.

Die skikkingsooreenkoms is boonop so gewysig dat Capitec se toestemming vir die verkoop van die aandele nie nodig was nie. Capitec het vroeër beswaar gemaak teen die verkoop van sy aandele deur Coral Lagoon omdat dit volgens hom sy bemagtigingstatus sou verwater, en volgens Capitec moet hy eers goedkeur dat die aandele verkoop mag word.

Die hooggeregshof het vroeër vandeesmaand beslis dat Capitec sy toestemming moet gee, maar Capitec het om verlof tot appèl aansoek gedoen, wat van die hand gewys is. Volgens Moeti Kanyane Prokureurs het Capitec hom tot die appèlhof gewend en dié aansoek is nog hangende. Eerder as om tot volgende jaar te wag totdat dié aansoek hanteer word, is besluit om die skikking aan te pas.

Nog eise

Die fonds het nog eise teen Eric Wood, direkteur en aandeelhouer in Regiments, asook teen Kuben Moodley, ’n sakekontak, en Tebogo Leballo, finansiële hoof van die Gupta-verwante firma Trillian. Volgens die prokureurs bedra dié eise sowat R200 miljoen en verwag hulle dit kan teen volgende jaar afgehandel wees.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.