Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aftrede
Skikking tussen Transnet, bejaardes stappie nader

’n Voorstel vir ’n skikking in die groepgeding van Transnet-pensioentrekkers is pas ingedien.

Transnet-pensioentrekkers tydens ’n optog na die Uniegebou ’n paar jaar gelede. Foto: Herman Verwey

Nou wag die groep van nagenoeg 55 000 pensioentrekkers of hul gades op Transnet se reaksie.

Die nuus is Vrydagoggend in ’n e-pos van die Transnet-pensioenarisaksiegroep aan die pensioentrekkers gedeel.

Volgens die prokureursfirma Geyser & Coetzee is die saak “op koers en in ’n baie gevorderde stadium”.

“ ’n Aktuaris en ander finansiële adviseurs is omvattend gekonsulteer” en die regspan het ’n voorstel ter tafel gelê “wat ons as voordelig en billik jeens die pensioentrekkers beskou”.

Die regsfirma wag op die reaksie van Transnet en die regspanne namens die Transnet Tweedevastevoordeelfonds en die Transnet Vervoerpensioenfonds.

“ ’n Billike skikking van die saak is in die beste belang van al die pensioentrekkers, aangesien ’n uitgerekte hofsaak die afhandeling van die eise kan vertraag.”

Dit geding gaan oor die eis van meer as R80 miljard teen Transnet en sy pensioenfondse oor die verhoging van net 2% per jaar wat hulle sedert die begin 2000’s kry weens swak beleggingsbesluite en beloftes wat volgens die pensioenarisse nie nagekom is nie.

Intussen wag pensioentrekkers ook nog om te hoor of hulle ’n buitengewone bonus van 15% van hul jaarlikse pensioen gaan kry soos wat die trustees van die Transnet Tweedevastevoordeelfonds voorstel. Die Transnet-direksie moet dit goedkeur.

Sedert die hofgeding in 2013 aanhangig gemaak is, het nagenoeg 20 000 pensioentrekkers en hul gades reeds gesterf.

Meer oor:  Transnet  |  Transnet-Pensioentrekkers  |  Pensioenfondse  |  Tpag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 1036,35 (-1197)
  • Top 40 50987,15 (58996)
  • All Share 57164,25 (61745)
  • Resource 10 43731,91 (12908)
  • Financial and Industrial 30 76406,35 (116772)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.