Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aftrede
Transnet-oues hoor dalk Maandag oor skikking

Transnet-pensioentrekkers hoor dalk Maandag weer nuus oor die jongste aanbod van Transnet en sy pensioenfondse in die huidige sensitiewe onderhandelings oor ’n skikking in hul groepseis.

Transnet-pensioentrekkers stap na die Uniegebou in Pretoria om te pleit dat pres. Jacob Zuma hul pensioene verhoog. Foto: Herman Verwey

Transnet se regspan het die afgelope Woensdag met Transnet, die aktuarisse asook die Transnet-pensioenfondse en hul regspan vergader oor ’n gewysigde aanbod, het die prokureursfirma Geyser en Coetzee gesê.

Geyser en Coetzee tree namens duisende Transnet-pensioentrekkers op in die hofgeding wat hulle teen Transnet en twee pensioenfondse - die Transnet Tweedevastevoordeelfonds en die Transnet-subfonds van die Vervoerpensioenfonds - aanhangig gemaak het.

Dit is om meer as R80 miljard te eis vir wat hulle as verlore en agterstallige pensioengeld beskou weens swak beleggingsbesluite en beloftes wat nie sedert die laat 1990’s en vroeë 2000’s nagekom is nie. Weens die gevolglike verswakte posisie van die pensioenfondse is toe besluit pensioentrekkers sal net ’n verhoging van 2% per jaar kry. Met die veel hoër inflasiekoers het Transnet-pensioentrekkers oor die afgelope byna 20 jaar dus toenemend verarm.

Die regspanne van die pensioentrekkers en Transnet is in onderhandelings gewikkel om ’n skikking buite die hof te probeer bereik omdat dit vir Transnet goedkoper gaan wees en om vir pensioentrekkers ’n verdere duur en uitgerekte hofproses te spaar.

Geyser en Coetzee het in hul verklaring gevra pensioentrekkers moet liewer nie hul kantoor probeer bel nie, en dat hulle nie op individuele e-posboodskappe kan reageer nie. Hulle hoop om teen 5 November te laat weet of die jongste skikkingsaanbod van Transnet aanvaar word of nie.

Tom Dunn, ’n Transnet-pensioentrekker en lid van die TPAG, sê op die groep se Facebook-blad pensioentrekkers moet nou geduldig wees en die regspan kans gee om hul werk te doen.

Oor onlangse versoeke dat die betrokke pensioenfondse eerder moet ontbind sodat lede hul geld kan kry om self te belê het Dunn verduidelik dit sal nie werk nie. Die aktuariële waarde van manlike lede in die fondse word tot ouderdom 74 bereken en die van vroue tot 77. Dit beteken mense ouer as dit sal niks ontvang as die fondse nou sou ontbind nie. Daar is boonop meer as 100 pensioenfondslede wat ouer as 100 is.

Dunn het ook verduidelik die huidige oorskotte in die fondse is juis omdat verhogings jaarliks op 2% vasgepen is. Sou verhogings tot 70% van die inflasiekoers verhoog word, sal dit die oorskotte absorbeer en sal dit ’n invloed hê op toekomstige bonusuitbetalings.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.