Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aftrede
Transnet-pensioen: Direksie vergader eers Woensdag
Transnet se pensioenarisse wag al jare op antwoorde. Foto: Deon Raath

Transnet-pensioenarisse moet nog langer wag voordat hulle hoor oor ’n spesiale bonus van 15% vir vanjaar waarvoor trustees van Transnet se Tweedevastevoordeelfonds gevra het.

Die direksie van Transnet sou op 31 Augustus vergader het en ’n besluit oor die versoek van die pensioenfondstrustees was een van die items op die agenda.

Volgens inligting van die Transnet Pensioenarisaksiegroep (TPAG) het die direksievergadering egter toe nooit plaasgevind nie.

Die direksievergadering is na Woensdag 5 September uitgestel, het adv. Anton Alberts, VF-parlementslid, in ’n Facebook-inskrywing gerig aan Transnet-pensioenarisse gesê.

Naas Rossouw, komiteelid van die TPAG, het in Julie verduidelik ’n versoek vir ’n bonus word gewoonlik gevolg deur ’n aktuariële ondersoek van die pensioenfonds om vas te stel of die bonus bekostig kan word. Die uitbetaling van ’n bonus van 15% kan ’n impak hê op die 10%-bonus wat die laaste paar jaar normaalweg aan die einde van November betaal word, het Rossouw gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 1057,1 (1153)
  • Top 40 50272 (5224)
  • All Share 56445,57 (6428)
  • Resource 10 43624,93 (54914)
  • Financial and Industrial 30 74932,14 (-29412)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.