Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aftrede
Transnet se pensioene: Só lyk pad vorentoe dalk
Adv. Anton Alberts

As die staat so maklik van tyd tot tyd ’n R5 miljard hier of R10 miljard daar aan sukkelende staatsondernemings soos Eskom en die Suid-Afrikaanse Lugdiens kan gee, kan hy sekerlik ook ’n eenmalige bedrag gee om die saak tussen Transnet en sy pensioentrekkers te beredder.

Só meen adv. Anton Alberts, VF Plus-voorsitter en die party se woordvoerder oor openbare ondernemings.

Alberts sê hy het reeds die pensioentrekkers se regspan in hul groepseis teen Transnet ingelig oor Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, se kommentaar in sy begrotingsposdebat dié week dat hy meen Transnet lyk gewillig om te skik en dat Gordhan sal help om die partye saam om ’n tafel te kry.

Dit hou verband met die groepseis van sowat R100 miljard wat die pensioentrekkers teen Transnet en sy pensioenfondse wil instel omdat hulle al byna twee dekades lank krepeer met jaarlikse verhogings van net 2% terwyl inflasie wegvreet aan hul lewensmiddele. Dit is nadat beloftes van die Transnet-bestuur in die 1990’s oor inflasieverwante pensioenverhogings nie nagekom is nie, asook swak beleggingsbesluite wat die pensioenfondse in ’n geldkrisis gedompel het.

Alberts sê wat nou moet gebeur, is dat die onderskeie regsverteenwoordigers van Transnet en die pensioentrekkers bymekaar moet kom. Aktuariële berekeninge sal gedoen moet word oor die lewensverwagtinge en behoeftes van die laaste oorblywende lede van die betrokke Transnet-pensioenfondse.

Daar moet dan geskik word oor ’n eenmalige bedrag om onmiddellike verligting aan die verarmde pensioentrekkers te bied, asook om hul pensioene in die toekoms te verbeter.

Toe die pensioentrekkers in 2014 met hul regstappe teen Transnet begin het, was daar nog meer as 60 000 pensioentrekkers of begunstigdes, maar sedertdien het die getal weens sterftes gekrimp tot sowat 40 000.

Die feit dat daar nou die politieke wil by die regering is om die saak te skik, is volgens Alberts ’n deurbraak, want die regering is die alleenaandeelhouer van Transnet. Transnet het oor die jare bloot die saak blindelings afgemaak as ’n mindere probleem en dit laat uitrek.

As Transnet nie skik nie en die saak verloor, sal ’n eis van R100 miljard dodelik wees vir Transnet. Dit sal sy kredietgradering vernietig. Dit is volgens Albert dus van nasionale belang dat die saak geskik word.

Oor die betrokkenheid van Gupta-verwante belange in die Transnet-pensioenfondse, sê Alberts dit is “skokkend”. “Hoe laag kan ’n mens daal?”

Die Gupta-verwante maatskappy Regiments Capital was in ’n stadium die beleggingsbestuurder van die Transnet-pensioenfondse, maar nadat omstrede transaksies tussen Regiments en die ander Gupta-verwante maatskappy Trillian plaasgevind het, het die trustees van die pensioenfondse wakker geskrik en vir Regiments as fondsbestuurder laat gaan, sê Alberts.

Regiments se aanstelling is volgens hom in die eerste plek onreëlmatig gedoen.

Nog ’n omstrede transaksie waarby Regiments betrokke was met die pensioenfonds se geld, was volgens Alberts ’n transaksie in afgeleide instrumente waar Transnet self as teenparty sou optree. Dit het blykbaar tot driekwart van die geld van die Transnet-tweedevastevoordeelfonds as waarborg gehad, en Alberts verduidelik as dié transaksie teen Regiments se guns sou swaai, kon dit die fonds uitput. Die transaksie is betyds gekeer.

Meer oor:  Transnet  |  Anton Alberts  |  Aftrede  |  Pensioenarisse  |  Staatsinstellings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 934,4 (2167)
  • Top 40 51125,84 (2432)
  • All Share 57186,66 (4105)
  • Resource 10 41461,6 (-49914)
  • Financial and Industrial 30 78132,29 (36200)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.