Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aftrede
Transnet-skikking bring dalk voor Kersfees geld

As alles seepglad verloop, kan die verarmende pensioentrekkers van Transnet al teen Desember die eerste verhogings en bonusse ontvang wat hulle belowe word in die skikking wat tussen Transnet, sy pensioenfondse en die pensioentrekkers se regspan beklink is.

Dit blyk uit inligting wat die prokureursfirma Geyser & Coetzee Donderdag aan pensioentrekkers gestuur het.

Die verwagte eerste hofdatum waarop die pensioentrekkers se regspan die hof sal vra vir ’n voorlopige bevel en waarin belanghebbendes kans sal kry om redes aan te voer waarom die skikking nie ’n hofbevel gemaak moet word nie, sal na verwagting 29 Augustus wees.

Die pensioentrekkers se regspan is besig met die opstel van die formele aansoek, waarin ook gevra sal word dat die skikking in minstens vier koerante en in vier amptelike tale gepubliseer word.

’n Tydperk van 30 dae sal dan verloop, waarna die saak weer op die hofrol sal wees vir die verhoor waar goedkeuring van die skikking versoek sal word. Dié datum is 7 Oktober. Volgens Geyser & Coetzee moet die regspan op hierdie datum aan die hof demonstreer waarom die skikking aanvaarbaar is en dat dit redelik en regverdig is.

Die hof sal dan versoek word om die skikking ’n hofbevel te maak. Dit baan dan die weg dat die eerste verhogings en bonusbetalings binne 60 dae daarna deur die pensioenfondse aan die pensioentrekkers gedoen kan word.

Dit impliseer pensioentrekkers kan teen Desember reeds die nuwe betalings ontvang.

Volgens Geyser & Coetzee word die skikkingsooreenkoms intussen gefinaliseer. Die wysiging van die pensioenfondsreëls en die nuwe beleid oor pensioenverhogings kry ook dringende aandag.

Dit blyk dié prosesse is die enigste wat die proses kan vertraag, want die skikkingsooreenkoms moet afgehandel en deur al die belanghebbende partye onderteken word voordat die hofproses sy gang kan gaan.

Die skikking kom nadat pensioentrekkers vir jare ’n hofstryd teen Transnet voer weens die verhoging van net 2% wat hulle sedert die vroeë 2000’s ontvang het. Die skikking behels dat pensioene vanjaar met 13% verhoog word, volgende jaar met 9% en die jaar daarna met 6%.

Daarmee saam sal pensioentrekkers oor die volgende drie jaar ’n bonus van R10 000 per jaar ontvang.

Van die vierde jaar af sal pensioenverhogings van minstens 70% van inflasie ontvang, hoewel dit nie gewaarborg is nie. As daar genoeg geld in die pensioenfondse is, sal verhogings van meer as 70% van inflasie toegestaan word.

Transnet se voorwaarde vir die skikking is dat die Transnet Tweedevastevoordeelfonds en die Transnet-subfonds van die Vervoerpensioenfonds saamgesmelt word in ’n enkele fonds.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2260,51 (7457)
  • Top 40 50341,63 (26385)
  • All Share 56406,88 (28305)
  • Resource 10 44220,72 (46209)
  • Financial and Industrial 30 76382,91 (30380)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.