Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aftrede
Transnet-skikking met afgetredenes weer vertraag

Die aktuarisse van twee van Transnet se pensioenfondse stoei nog met die tegniese en regsvereistes om die twee fondse te laat saamsmelt.

A Transnet logo stands on a rail mounted gantry cr
Die kenteken van Transnet in die Durbanse hawe. Foto: Getty Images

Dit vertraag die skikking met pensioenarisse om hulle ’n beter, inflasieverwante pensioenverhoging te gee.

Die regsfirma Geyser & Coetzee sê hulle het verwag om teen 29 Augustus in die hof te wees vir ’n bevel nisi wat vir die amptelike publikasie van die skikking tussen Transnet, die pensioenfondse en die pensioenarisse sou voorsiening maak. Dit sou dan die weg baan dat die skikkingsooreenkoms op die reeds voorheen vasgestelde hofdatum van 7 Oktober bekragtig kon word sodat die eerste betalings ingevolge die skikking in Desember vanjaar gedoen kan word.

Geyser & Coetzee het egter die naweek aan die Transnet Pensioenarisaksiegroep (TPAG) laat weet dat die tegniese en regsvereistes vir die samesmelting van die fondse nog deur die aktuarisse oorweeg word. Die regsfirma het Transnet gevra om die proses te versnel.

Die twee fondse wat moet saamsmelt, is die Transnet-tweedevastevoordeelfonds en die Transnet-subfonds van die Vervoerpensioenfonds. Die lede van dié twee fondse kry sedert die vroeë 2000’s verhogings van slegs 2% per jaar, wat impliseer dat hulle oor die afgelope byna twee dekades in effek verarm het weens inflasie en die styging van hul mediesefondsbydraes teen veel meer as inflasie. Benewens die koopkrag van hul geld wat weens inflasie afneem, word die nominale bedrag wat hulle ontvang ook stelselmatig opgevreet deur die aftrekking van mediesefondsbydraes wat teen meer as inflasie groei.

Hulle voer die afgelope meer as vyf jaar ’n regstryd teen Transnet en die pensioenfondse om hul aftreevoordele te verbeter.

As voorwaarde vir ’n skikking het Transnet daarop aangedring dat die twee pensioenfondse saamsmelt sodat dit finansieel meer volhoubaar kan wees en die beter voordele waarop die pensioenarisse aandring, bekostig kan word.

Volgens Geyser & Coetzee het hulle ’n konsep-verklaring aan Transnet voorsien wat hulle by die hof gaan indien ter steun van hul bevel nisi-aansoek. Dit is “om enige moontlike vertraging in die proses te omseil”.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2260,51 (7457)
  • Top 40 50341,63 (26385)
  • All Share 56406,88 (28305)
  • Resource 10 44220,72 (46209)
  • Financial and Industrial 30 76382,91 (30380)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.