Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aftrede
Transnet-oues kry dalk meer as 2%-verhoging
Pensioentrekkers van Transnet se Tweede Vaste Voordeelfonds betoog op Kerkplein teen die skamele 2%-verhoging wat die fonds die afgelope jare uitbetaal. Foto: Deon Raath

Hoewel ’n gesprek tussen Transnet en sy pensioentrekkers in goeder trou voortgaan om ’n skikking buite die hof te vind, glo Transnet steeds die pensioentrekkers se groepseis sal nie slaag nie en Transnet sal dit steeds teenstaan.

Prof. Edward Kieswetter, direkteur van Transnet, het Woensdag in die parlement verslag gedoen oor vordering met dié kwessie.

Kieswetter het aan die portefeuljekomitee oor openbare ondernemings gesê Transnet is besig met ’n aansoek - gesteun deur die nasionale tesourie - aan die departement van openbare ondernemings om sy fondsreëls te verander.

Dit is sodat daar in die toekoms groter pensioenfondsverhogings as die statutêre 2% per jaar toegeken kan word uit die oorskot van die fonds, maar net as die pensioenfonds dit kan bekostig.

Volgens Kieswetter het Transnet al in 2013 dié reëlverandering aanbeveel. Die nasionale tesourie het dit eers in Oktober verlede jaar goedgekeur en Transnet wag nou vir die finale goedkeuring deur die departement van openbare ondernemings voordat die reëlwysigings in die Staatskoerant gepubliseer sal word.

Die pensioentrekkers se groepseis wat al vir meer as vyf jaar sloer is om meer as R80 miljard van Transnet en sy pensioenfondse te eis omdat hulle sedert 2001 net 2%-verhogings per jaar kry.

Die pensioentrekkers voer aan die pensioenfonds skuld hulle R17,18 miljard plus rente - vir die aktuariële tekort wat in twee Transnet-pensioenfondse was toe dit in April 1990 opgerig is. Dit is die Transnet Tweedevastevoordeelfonds en die Transnet-subfonds van die Vervoerpensioenfonds.

Kieswetter voer aan die historiese aktuariële tekort was nooit ’n bedrag wat deur Transnet aan die fondse verskuldig is nie, en albei die fondse het nou oorskotte.

Die pensioentrekkers eis ook R309 miljoen plus rente. Dit is geld wat in 2001 as oorskot aan Transnet uit die pensioenfonds oorbetaal is. Volgens Kieswetter het Transnet dié geld opsygesit en is dit net bedoel om aan die pensioenfonds te bestee. Volgens hom het Transnet hieruit al R523 miljoen se ad hoc-bonusse aan pensioentrekkers uitbetaal om hul situasie te verbeter.

Verder eis die pensioentrekkers dat hul jaarlikse pensioenverhogings minstens 70% van inflasie moet wees, terugwerkend van 2003 plus rente.

Kieswetter sê Transnet is pynlik bewus van pensioentrekkers se moeilike situasie. Daarom dryf hy die proses om die fonds se reëls te verander, het hy tot dusver al R523 miljoen se ekstra bonusse uitbetaal, en is hy bereid om buite die hof met die pensioentrekkers in gesprek te tree oor ’n moontlike skikking.

“So ’n skikking is ’n ernstige poging om die kwessie op te los, en volgens Transnet se regsverteenwoordigers was die partye aanvanklik so ver van mekaar as die spreekwoordelike pole, maar is nou al nader aan die ewenaar,” sê Kieswetter.

Hy het verduidelik die wetgewing en reëls oor pensioenfondse beperk ’n maatskappy soos Transnet se beweegruimte.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 1048,32 (-878)
  • Top 40 50397,19 (12519)
  • All Share 56546,8 (10123)
  • Resource 10 43602,83 (-2210)
  • Financial and Industrial 30 75238,63 (30649)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.