Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aftrede
Tree ANC terug van voorgeskrewe bates?

Dit wil lyk asof die ANC-regering vir eers versigtiger trap rakende die omstrede onderwerp van voorgeskrewe bates.

Retirement savings golden nest egg in a businessma
Wetgewing verplig trustees om met omsigtigheid te belê tot voordeel van die mense wie se aftreegeld hulle bestuur. Foto: iStock

Pres. Cyril Ramaphosa het Maandagaand in ’n nuuskonferensie ná die lekgotla van die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) gesê infrastruktuurprojekte “moet aanlokliker gemaak word” sodat die trustees van pensioenfondse daarin wíl belê.

Beleggers moet “met vertroue” belê, het hy gesê oor hoe die land se ekonomie heropgebou moet word ná die Covid-19-krisis.

Hy het gesê die regering wil projekgegronde skuldbriewe uitreik of ander innoverende maniere vind om finansiering vir infrastruktuurprojekte te bekom. Infrastruktuur – alles van energie en water tot paaie en skole – sal die ruggraat wees van die heropbou-agenda.

Sy verwysing na die trustees van pensioenfondse is sover bekend die eerste keer wat die regering te kenne gee dat hy nie bloot pensioenfondse kan dwing om te belê in twyfelagtige staatsondernemings of -projekte nie.

Wetgewing verplig trustees om met omsigtigheid te belê tot voordeel van die mense wie se aftreegeld hulle bestuur. Die finansiëledienstebedryf waarsku nou al lank dat pensioenfondse nie gedwing kan word om in projekte te belê wat nie ’n goeie opbrengs lewer nie.

Daar was die afgelope jaar of wat sprake daarvan dat die regering regulasie 28 van die Pensioenfondswet wil verander om pensioenfondse te dwing om in staatsondernemings of infrastruktuurprojekte te belê. Tans bepaal dié regulasie die maksimum wat ’n fonds in enige bateklas mag belê.

Die meeste pensioenfondse is wel in staatsondernemings soos Eskom belê deur die aankoop van hul skuldbriewe waarop ’n stewige rente-opbrengs verdien word.

Ramaphosa het só beaam wat Enoch Godongwana, die ANC se hoof van ekonomiese transformasie, in September gesê het, naamlik dat pensioenfondse nie gedwing sal word om in die staat se infrastruktuurprojekte te belê nie, maar dat dit vir hulle lonend moet wees.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.