Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aftrede
Trustee ontken hy het vir Gupta-firma gestem

Clair Fichardt, oudvlieënier van die Suid-Afrikaanse Lugdiens en ’n trustee van die Transnet Tweede Vastevoordeelfonds, sê hy was die enigste trustee wat teen die aanstelling van die Gupta-verwante maatskappy Regiments Capital as beleggingsadviseur van die fonds gestem het.

Omstredenheid heers oor die Transnet-aftreefonds se aanstelling van Regiments Capital.

Fichardt het gereageer op die berig oor ’n parlementêre antwoord van Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, oor die fonds se aanstelling van Regiments Capital.

Volgens inligting wat Gordhan van Transnet ontvang en aan adv. Anton Alberts, VF Plus-parlementslid, deurgegee het in antwoord op Alberts se vraag hieroor, het die trustees Harry Gazendam, Y. Forbes, E, Tshabalala, R. Louw, V. Naidoo, John Benwell, Mike Myburgh, J. Grobler en Fichardt die besluit ingevolge fondsreëls geneem om Regiments Capital aan te stel.

Maar Fichardt het in reaksie op die berig laat weet hy was juis die enigste trustee op die vergadering waar Regiments se aanstelling bespreek is wat teen die aanstelling gestem het. Hy sê hy het spesifiek vir Jaco Neale, ’n sekretaris by die pensioenfonds, gevra om dit so in die notule aan te dui.

Fichardt sê sy teenstem is wel so aangeteken in die notule van die betrokke trusteevergadering. Volgens Fichardt was die ander trustees op dié vergadering Benwell, asook Len Jordaan en June Zebert. Jordaan is intussen dood.

Die Transnet Tweedevastevoordeelfonds is die pensioenfonds van Transnet waaraan sowat 50 000 pensioentrekkers behoort wat sedert die vroeë 2000’s verhogings van net 2% per jaar kry.

Die parlement het in 2010 beslis dat Transnet, die nasionale tesourie, die departement van openbare ondernemings en die twee betrokke Transnet-pensioenfondse – die Transnet Tweedevastevoordeelfonds en die Transnet-subfonds van die Vervoerpensioenfonds – moes saamwerk om aanbevelings van die portefeuljekomitee oor openbare ondernemings toe te pas.

Dit was dat Transnet die pensioenfondse sou herkapitaliseer met ’n kontantinspuiting, dat ’n eenmalige bonus van vyf maande se pensioen betaal moes word, dat die basis van pensioene met 3,2% verhoog moes word, en dat die jaarlikse pensioenverhoging voortaan minstens 75% van die verbruikersprysinflasie moes bedra.

Anoj Singh, wat in 2011 waarnemende finansiële hoof by Transnet was, het in November 2011 in die parlement gesê Transnet kan nie die kontantinspuiting bekostig nie want dit gaan hom dieper in die skuld dompel en sy skuldhefboomverhouding negatief raak.

Sedertdien het niks gekom van die parlement se aanbevelings nie, en het pensioentrekkers hulle tot regstappe gewend om ’n groepseis van meer as R80 miljard teen Transnet en die pensioenfondse in te stel. Dié saak is nou hangende terwyl gesoek word na ’n moontlike skikking.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 1108,65 (2792)
  • Top 40 45929,03 (12363)
  • All Share 52146,04 (14659)
  • Resource 10 39470,3 (2238)
  • Financial and Industrial 30 69022,22 (28521)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.