Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aftrede
Twis oor aftreegeld duur voort

Onderhandelinge om te keer dat mense met voorsorgfondse al hul aftreegeld met aftrede onttrek, sloer steeds, het die tesourie toegegee.

Vakbonde sê arm werkers gebruik hul aftreegeld om eenmalige groot uitgawes aan te gaan soos om eiendom te koop. Dis waarom die veranderinge aan die wet oor voorsorgfondse betwis word.

Die onderhandelinge word reeds jare lank in Nedlac gevoer. Nedlac is die bedingingsliggaam tussen die regering, vakbonde en sakesektor.

Die wetgewing sou aanvanklik op 1 Maart 2016 in werking getree het, is toe uitgestel tot 2018, en toe wéér uitgestel, tot 1 Maart 2019.

Dié week het die tesourie in ’n verklaring gesê hy verwag dat die inwerkingstellingsdatum van 1 Maart 2019 weer uitgestel gaan word omdat ooreenkoms daaroor nie bereik kan word nie.

Die bepaling waaroor getwis word, behels dat lede van voorsorgfondse met aftrede nie al hul geld mag onttrek nie, maar minstens twee-derdes daarvan sal moet oordra na annuïteite wat vir hulle ’n pensioen moet verskaf.

Dis dieselfde wetgewing wat lank reeds vir pensioenfondse geld en mense dwing om met aftrede óf ’n gewaarborgde annuïteit óf ’n beleggingsgekoppelde annuïteit met hul aftreegeld te koop.

Lede van pensioenfondse mag wel ’n derde van hul aftreegeld onttrek, waarvan tot R500 000 belastingvry onttrek kan word. Dieselfde word vir voorsorgfondse beplan.

Die wetgewing het geen impak op mense wat voor aftrede bedank nie. Hulle sal steeds al hul aftreegeld kan onttrek.

Baie armer werkers wat aan vakbonde behoort, het voorsorg- eerder as pensioenfondse, en vakbonde bestry die wet.

Vakbonde sê arm werkers gebruik hul aftreegeld om eenmalige groot uitgawes aan te gaan soos om eiendom te koop. Daar is ook aangevoer die staat moet arm bejaardes onderhou.

Die tesourie het ook bekend gemaak Suid-Afrikaners het nou die geleentheid om skriftelik kommentaar te lewer op voorgestelde wysigings aan belastingwette.

Die Wysigingswet op Belasting en die Wysigingswet op Belastingadministrasie is deur die tesourie vir kommentaar gepubliseer. Dit sluit van die belastingvoorstelle in wat in die Februarie-begrotingsrede aangekondig is.

Openbare sittings oor die wetstontwerpe en slypskole gaan na verwagting in Augustus gehou word, waarna enige wysigings of voorstelle in die betrokke parlementêre komitee bespreek sal word.

Die belangrikste voorstelle in die twee stelle wetgewing is:

  • Groter buigsaamheid vir die oordrag van aftreegeld na ander aftreefondse en onttrekkings uit aftreefondse.
  • Die inwerkingstelling van ’n byvoordeel wat werkgewers in staat sal stel om huislenings vir goedkoop huise aan laerinkomste-werknemers te verskaf.
  • ’n Korter tydperk vir afskrywings van elektroniese kommunikasiekabels.
  • Strenger reëls om te keer dat trusts misbruik word om inkomstebelasting uit te stel of die aard van trustinkomste te verander.
  • ’n Nuwe regulasie wat dit onnodig sal maak om ’n belastingopgawe in te dien as mense dividende ontvang wat vrygestel is van belasting.
  • Opheldering van hoe foutiewe fakture vir belasting op toegevoegde waarde behartig sal word.

Die wetsontwerpe kan op die tesourie se webwerf, www.treasury.gov.za, gelees word.

Kommentaar moet teen 16 Augustus per e-pos gestuur word na Nombasa Langeni by nombasa.langeni@treasury.gov.za of Adele Collins by acollins@sars.gov.za.

Meer oor:  Inkomstebelasting  |  Aftrede  |  Belasting  |  Pensioenfondse  |  Tesourie  |  Aftreebeplanning
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 1141,62 (2006)
  • Top 40 46188,83 (33766)
  • All Share 52423,52 (32748)
  • Resource 10 39946,35 (23362)
  • Financial and Industrial 30 69346,7 (55842)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.