SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Aftrede
Vakbonde kla oor Steinhoff-verliese

Vakbonde het Woensdag in die parlement die lot bekla van werkers wie se pensioengeld gekrimp het weens die ineenstorting van Steinhoff se aandeelprys.

Joe Maswanganyi, voorsitter van die portefeuljekomitee oor staatsdiens en administrasie. Foto: Daily Sun

Lede van die portefeuljekomitee oor staatsdiens en administrasie was verontwaardig dat die staatspensioenfonds (GEPF) sy verlies weens die ineenstorting van Steinhoff se aandeelprys as “nie so groot nie” beskryf het. Die sowat R4 miljard is ’n enorme bedrag wat aan werkers behoort het, sê hulle.

Die vakverbond Fedusa, die Cosatu-geaffilieerde gesondheidswerkersvakbond Nehawu, die vakverbond Saftu en die staatswerkersvakbond die VSA het voorleggings gemaak en die Steinhoff-skandaal as ’n massiewe bedrogspul bestempel.

Hulle sê Suid-Afrika het nie ’n vryemarkstelsel nie, maar ’n monopoliestelsel waar ’n elite groepie vooruitkom met swendelary en bedrog.

’n Amptenaar van die nasionale tesourie sê as die staatspensioenfonds onder druk kom weens die skerp val in die waarde van ’n belegging soos dié van Steinhoff, kan dit ook die staatsfinansies raak omdat die regering borg staan vir die pensioene van staatsdienswerkers.

Dennis George, hoofsekretaris van Fedusa, sê werkers behoort verteenwoordiging te kry op die direksie van genoteerde maatskappye, soos wat voorgestel word vir die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) in die nuwe wetsontwerp oor die OBK wat die parlement se staande komitee oor finansies bespreek.

Joe Maswanganyi, voorsitter van die portefeuljekomitee oor staatsdiens en administrasie, wat minister van vervoer was onder oudpres. Jacob Zuma, sê die kommer van die vakbonde sal ernstig opgeneem word.

Maswanganyi sê daar word ernstig opgetree oor VBS Mutual Bank se korrupsie, en daar word baie geraas gemaak oor die Guptas, en hy glo daar moenie dubbele standaarde wees nie. Steinhoff se bedrog moet ewe ernstig aangepak word.

Meer oor:  Steinhoff  |  Obk  |  Kleinhandelaars  |  Pensioen  |  Fedusa  |  Staatsamptenare  |  Vakbonde  |  Kleinhandel  |  Saftu  |  Nehawu  |  Gepf  |  Pensioenfondse
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 1143,64 (202)
  • Top 40 44843,58 (-134525)
  • All Share 51067,77 (-135575)
  • Resource 10 39182,27 (-76408)
  • Financial and Industrial 30 67037,29 (-230941)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.