Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aftrede
Voorgeskrewe bates: Moenie uit paniek verkoop

Plaaslike beleggers moenie hul werk bedank om toegang tot hul pensioenfondsgeld te kry uit paniek oor die debat oor voorgeskrewe bates nie.

Voorgeskrewe bates is nie noodwendig slegs vir jou pensioenfonds nie. Foto: Pixabay

Baie van die uitsprake oor voorgeskrewe bates die afgelope weke is “sensasie” vir politieke doeleindes, meen Clive Eggers, hoof van beleggingsontleding by die adviesdienstegroep GTC.

Beleggers moet in die algemeen by rasionele, feitegegronde beleggingstrategieë bly, sê Eggers.

Voorgeskrewe bates is verwagte veranderinge aan die regulasies oor waarin aftreeprodukte moet belê. Die debat daaroor woed hewig die afgelope ruk sedert die ANC dit deel van sy verkiesingsmanifes gemaak het dat pensioenfondse gedwing moet word om in infrastruktuurontwikkeling te belê.

’n Hipotetiese voorbeeld van ’n voorgeskrewe bate is waar ’n pensioenfonds verplig word om byvoorbeeld 10% van ’n beleggingsportefeulje in staatseffekte of die effekte van staatsondernemings te belê.

Eggers meen onlangse uitsprake soos dié van Enoch Godongwana, hoof van die ANC se subkomitee oor ekonomiese transformasie, het vrese oor die wanbesteding of diefstal van beleggers se spaargeld aangevuur. “Dit het op sy beurt tot heelwat advies op sosiale media en ander platforms gelei wat mense aanraai om hul aftreegeld te onttrek om dié ‘onafwendbaarheid’ te vermy.”

Dit was nadat Godongwana glo gesê het die batebestuursbedryf sit met R6 000 miljard se bates onder bestuur, en behoort ’n deel daarvan aan die staat te leen, want dis ’n beter benadering as om na die Internasionale Monetêre Fonds of die Wêreldbank vir ’n reddingsboei te gaan.

Onsekerheid is altyd daar. Die moontlikheid van voorgeskrewe bates is net een veranderlike in ’n see van onbekendes.
Clive Eggers van GTC

Eggers waarsku sulke standpunte is nooit ’n goeie grondslag vir beleggingsbesluite nie.

“Beleggingsbesluite moet op gesonde redenasie en verifieerbare kennis gegrond wees, en dit word dikwels gedoen met die hulp en advies van ’n finansiële adviseur en nie gegrond op vrees of ander emosies nie.”

Soos dit tans staan, is die konsep van voorgeskrewe bates nog net ’n hipotese. Geen duidelike plan is nog op die tafel vir bespreking nie, en daar is ook geen aanduiding hoe en wanneer dit ingestel gaan word nie.

As voorgeskrewe bates ingestel gaan word, is daar geen aanduiding watter vorm dit sal aanneem nie. Dit is dus onmoontlik om nou te bepaal watter invloed dit op beleggersportefeuljes kan hê, sê Eggers.

Hoewel GTC nie ten gunste is van staatsvoorskrifte oor waar ’n belegger moet belê nie, is dit bowendien moontlik dat voorgeskrewe bates nie tot swakker opbrengste sal lei nie, sê Eggers.

Daar is voorbeelde van doeltreffend bestuurde private en openbare beleggings wat aantreklike opbrengste bied en wat sou kon voldoen aan die Suid-Afrikaanse regering se kriteria om sosiale en ekonomiese ontwikkeling te bevorder.

Eggers noem wel dat Suid-Afrika se vorige poging tot voorgeskrewe bates opbrengste gelewer het wat laer was as ander beleggings. Dit laat batebestuurders en beleggers met ’n onseker toekoms.

“Maar onsekerheid is altyd daar. Die moontlikheid van voorgeskrewe bates is net een veranderlike in ’n see van onbekendes.”

Eggers meen angstige Suid-Afrikaanse beleggers wat sonder twyfel al moeg is vir negatiewe nuus, behoort hul bestaande beleggingstrategie te handhaaf. “Enige optrede sal in dié stadium meestal op vrees gegrond wees, wat tradisioneel beleggingsprestasie knou.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.